For English

Read Job Chapter 10 Online

Read Job Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 10

Hoofstuk 10

1. Ek walg van my lewe; ek wil my geklaag die vrye loop gee; ek wil spreek in die bitterheid van my siel.

2. Ek sê tot God: Veroordeel my nie; laat my weet waarom U met my twis.

3. Is dit voordeel vir U dat U verdruk; dat U die arbeid van u hande verwerp, terwyl U oor die planne van die goddelose lig laat skyn?

4. Het U vleeslike oë? Of sien U soos ‘n mens sien?

5. Is u dae soos die dae van ‘n mens, of u jare soos die dae van ‘n man?

6. dat U soek na my ongeregtigheid en vra na my sonde,

7. ofskoon U weet dat ek nie skuldig is nie en dat daar niemand is wat uit u hand kan red nie?

8. U hande het my geformeer en my gemaak, heeltemal rondom; en U vernietig my!

9. Bedink tog dat U my soos klei gevorm het, en wil U my tot stof laat terugkeer?

10. Het U my nie soos melk uitgegiet en my soos kaas laat dik word nie?

11. Met vel en vlees het U my beklee, en met beendere en senings het U my deurvleg.

12. Die lewe, ja, guns het U aan my bewys, en u sorg het my gees bewaak.

13. Maar daarby het U dít verberg in u hart, ek weet dat dít u toeleg was:

14. As ek gesondig het, sou U my waarneem en my nie vryspreek van my ongeregtigheid nie.

15. Was ek skuldig—wee my! En was ek regverdig, ek sou my hoof nie kon ophef nie, sat van skande en bewus van my ellende.

16. En as my hoof hom ophef, sou U my jaag soos ‘n leeu en U opnuut wonderbaarlik teenoor my gedra.

17. U sou altyd nuwe getuies teen my bring en u grimmigheid teen my vermeerder—altyd nuwe leërafdelings teen my!

18. Waarom tog het U my uit die moederskoot laat uitgaan? Ek moes gesterf het sonder dat ‘n oog my gesien het.

19. Ek moes gewees het of ek daar nie was nie; van die moederskoot af moes ek na die graf gedra gewees het.

20. Is my dae nie min nie? Laat Hy ophou, my laat staan, dat ek ‘n bietjie vrolik kan wees,

21. voordat ek heengaan—en nie terugkom nie—na die land van duisternis en doodskaduwee,

22. ‘n land van donkerheid, soos middernag, van doodskaduwee en wanorde, en dit gee ‘n skynsel—soos middernag!

About Job Chapter 10

Read Job Chapter 10 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 10
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 10 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 10?

Job Chapter 10 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 10 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Job Chapter 25
  2. Job Chapter 28
  3. Job Chapter 40
  4. Job Chapter 11
  5. Job Chapter 33
  6. Job Chapter 20
  7. Job Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. Levitikus Chapter 8
  2. Jona Chapter 4
  3. Esra Chapter 10
  4. 2 Samuel Chapter 5
  5. Psalms Chapter 135
  6. Genesis Chapter 20
  7. Jesaja Chapter 66

Related Chapters & Readings

  1. Esegiël Chapter 5
  2. 1 Kronieke Chapter 8
  3. Spreuke Chapter 30
  4. Jesaja Chapter 14
  5. 3 Johannes Chapter 1
  6. 1 Korintiërs Chapter 5
  7. Spreuke Chapter 20
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *