For English

Read Job Chapter 21 Online

Read Job Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 21

Hoofstuk 21

1. Maar Job het geantwoord en gesê:

2. Luister goed na my rede, en laat dit die vertroostinge wees wat julle aanbied.

3. Verdra my, dat ek ook kan spreek; en nadat ek gespreek het, kan jy spot.

4. Wat my aangaan, geld my geklaag dan ‘n mens? Of waarom sou ek nie ongeduldig word nie?

5. Kyk my aan, en wees verskrik; en lê die hand op die mond.

6. Ja, as ek daaraan dink, is ek glad verslae, en verskrikking gryp my vlees aan.

7. Waarom bly die goddelose lewe, word hulle oud, ja, neem hulle toe in krag?

8. Hulle nakomelinge bestaan voor hulle in hul gemeenskap, en hul spruite voor hulle oë.

9. Hul huise het vrede, sonder skrik; en die roede van God is op hulle nie.

10. Sy stier bespring en mis nie; sy koei kalf en het geen misdrag nie.

11. Hulle laat hul jong seuns loop soos ‘n trop kleinvee, en hul kinders spring rond.

12. Hulle sing by die tamboeryn en siter en is bly by die klank van die fluit.

13. In voorspoed slyt hulle hul dae, en in ‘n oomblik sink hulle in die doderyk af.

14. Tog het hulle tot God gesê: Bly ver van ons af; en: In die kennis van u weë het ons geen behae nie.

15. Wat is die Almagtige dat ons Hom sou dien? En wat baat dit ons dat ons biddend by Hom aandring?

16. (Kyk, hulle voorspoed is nie in húl hand nie: die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

17. Hoe selde gaan die lamp van die goddelose dood en oorval hul ondergang hulle! Deel Hy smarte uit in sy toorn,

18. word hulle soos strooi voor die wind, en soos kaf wat die stormwind wegvoer?

19. Julle sê: God spaar sy onheil vir sy kinders op. Ek sê: Hy moes dit aan homself vergeld, dat hy kan voel!

20. Sy eie oë moes sy ongeluk sien, en sélf moes hy drink van die grimmigheid van die Almagtige.

21. Want wat gee hy om sy huis ná hom as die getal van sy maande afgesny is?

22. Wil iemand aan God kennis leer, Hom wat die hemelse wesens oordeel?

23. Die een sterwe in volkome geluk, heeltemal gerus en tevrede.

24. Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.

25. Die ander daarenteen sterwe met bitterheid van siel sonder dat hy van die goeie geniet het.

26. Saam lê hulle in die stof, en die wurms oordek hulle.

27. Kyk, ek ken julle gedagtes en die slim planne waarmee julle gewelddadig teen my optree.

28. As julle sê: Waar is die huis van die tiran, en waar die woontent van die goddelose—

29. het julle dan nie navraag gedoen by die reisigers nie (hulle bewyse kan julle tog nie loën nie!):

30. dat die kwaaddoeners gespaar word op die dag van ondergang, dat hulle weggelei word op die dag van grimmigheid?

31. Wie gee hom openlik sy gedrag te kenne; en het hy gehandel—wie sal hom dit vergeld?

32. Dan word hy na die graf gebring, en hulle sorg vir sy grafheuwel.

33. Sag lê op hom die kluite van die dal; en agter hom trek al die mense aan soos daar ontelbares voor hom gewees het.

34. Hoe troos julle my dan op so ‘n nietige manier? En julle antwoorde—net troubreuk bly oor!

About Job Chapter 21

Read Job Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 21
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 21?

Job Chapter 21 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 42
  7. Job Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Konings Chapter 23
  2. Numeri Chapter 28
  3. Jesaja Chapter 54
  4. Spreuke Chapter 7
  5. Psalms Chapter 38
  6. Amos Chapter 7
  7. Genesis Chapter 10

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 34
  2. Galasiërs Chapter 6
  3. Sagaria Chapter 9
  4. Deuteronomium Chapter 24
  5. Genesis Chapter 20
  6. Daniël Chapter 7
  7. Rigters Chapter 7
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *