Read Job Chapter 41 Online
Read Job Chapter 41 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Job 41
Hoofstuk 41
1. Kan jy die krokodil met ‘n hoek uittrek? En met ‘n tou sy tong afdruk?
2. (40:21) Kan jy ‘n tou van biesies in sy neus sit? En sy kakebeen met ‘n haak deurboor?
3. (40:22) Sal hy jou baie smeek? Of met jou spreek in sagte woorde?
4. (40:23 Sal hy ‘n verbond met jou sluit, dat jy hom vir altyd as slaaf aanneem?
5. (40:24) Sal jy met hom soos met ‘n voëltjie speel? En hom vasbind vir jou meisiekinders?
6. (40:25) Sal die viskopers met hom handel drywe, hom verdeel onder die koopmans?
7. (40:26) Kan jy sy vel vol skerp ysters steek, en met ‘n vissersharpoen sy kop?
8. (40:27) Sit jou hand op hom; dink aan die geveg; jy sal dit nie weer doen nie.
9. (40:28) Kyk, elke hoop kom bedroë uit: sal ‘n mens nie reeds by die sien van hom neerslaan nie?
10. (41:1) Niemand is so vermetel, dat hy hom durf terg nie; wie is hy dan wat voor My sou standhou?
11. (41:2) Wie het eerste aan My gegee, dat Ek hom moet vergelde? Wat onder die ganse hemel is, is myne.
12. (41:3) Ek wil nie swyg oor sy lede en hoe dit staan met sy kragsvolheid en die skoonheid van sy uitrusting nie.
13. (41:4) Wie het die boonste van sy pantser opgelig? In sy dubbele gebit—wie kan daarin deurdring?
14. (41:5) Die deure van sy gesig—wie het dit geopen? Rondom sy tande is verskrikking.
15. (41:6) ‘n Voorwerp van trots is die groewe van die skilde, verseël met ‘n vaste seël.
16. (41:7) Die een is so naby die ander, dat die wind daar nie tussenin kan kom nie.
17. (41:8) Hulle kleef aanmekaar, hou aanmekaar vas, onafskeibaar.
18. (41:9) Sy genies laat lig skitter, en sy oë is soos die ooglede van die dageraad.
19. (41:10) Uit sy mond kom fakkels, spat vuurvonke uit.
20. (41:11) Uit sy neusgate kom rook, soos uit ‘n kokende pot met biesiesvuur daarby.
21. (41:12) Sy asem laat kole ontvlam, en ‘n vlam gaan uit sy mond.
22. (41:13) In sy nek woon sterkte, en voor hom uit spring ontsteltenis.
23. (41:14) Die klompe van sy vleis is vas aanmekaar, aan hom vasgegiet, onbeweeglik.
24. (41:15) Sy hart is hard soos ‘n klip, ja, hard soos die onderste meulsteen.
25. (41:16) As hy hom oplig, word die magtiges bang; van verbystering raak hulle buite hulself.
26. (41:17) Raak iemand hom met die swaard—dit hou nie stand nie; geen spies, lans of assegaai nie.
27. (41:18) Yster is vir hom soos strooi; koper soos hout wat vergaan het.
28. (41:19) Die pyl laat hom nie vlug nie; slingerstene word vir hom soos stoppels.
29. (41:20) Knopkieries is vir hom soos stoppels, en hy lag oor die gesuis van die lans.
30. (41:21) Onderaan hom is spits skerwe: hy sprei ‘n ware dorsslee uit op die modder.
31. (41:22) Hy laat die diepte kook soos ‘n pot; die waterplas maak by soos ‘n kokende salfpot.
32. (41:23) Agter hom verlig hy die pad: ‘n mens sou die watervloed aansien vir grys hare.
33. (41:24) Sy gelyke is daar op die aarde nie, die skepsel sonder vrees.
34. (41:25) Hy kyk alles aan wat hoog is; hy is koning oor al die trotse roofdiere.
About Job Chapter 41
Read Job Chapter 41 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Job
Chapter: 41
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Job Chapter 41 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Job Chapter 41?
Job Chapter 41 is part of the Book of Job in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Job Chapter 41 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Job
Explore More from Ou Testament
- Numeri Chapter 17
- Psalms Chapter 36
- 2 Kronieke Chapter 5
- 2 Kronieke Chapter 2
- Josua Chapter 9
- Esegiël Chapter 43
- Job Chapter 28