Read Job Chapter 15 Online
Read Job Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Job 15
Hoofstuk 15
1. Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:
2. Sal ‘n wyse man met winderige wetenskap antwoord gee en sy buik vul met oostewind—
3. deur te pleit met woorde wat nie baat en met beweringe waarmee hy niks uitrig nie?
4. Ja, jy breek die Godsvrees af en verstoor die stille oordenking voor die aangesig van God.
5. Want jou ongeregtigheid gee onderrig aan jou mond, en jy kies die taal van die listiges.
6. Jou eie mond veroordeel jou, en nie ek nie; ja, jou eie lippe getuig teen jou.
7. Is jy die eerste as mens gebore en voor die heuwels in die wêreld gebring?
8. Het jy in die raad van God afgeluister en die wysheid na jou toe getrek?
9. Wat weet jy wat ons nie weet nie? Wat verstaan jy wat in ons nie is nie?
10. Ook is daar grys hare, ook bejaardes onder ons, ryker in dae as jou vader.
11. Is die vertroostinge van God vir jou te min, en ‘n woord met sagtheid jou toegespreek?
12. Waarom sleep jou hart jou weg? En waarom flikker jou oë so—
13. dat jy jou toorn rig teen God en sulke woorde uit jou mond laat uitgaan?
14. Wat is die mens, dat hy rein sou wees? En hy wat uit ‘n vrou gebore is, dat hy regverdig sou wees?
15. Kyk, in sy heiliges stel Hy geen vertroue nie; ja, die hemele is nie rein in sy oë nie;
16. hoeveel minder die afskuwelike en ontaarde, die mens wat onreg drink soos water!
17. Ek wil jou inlig, luister na my; en wat ek gesien het, wil ek vertel;
18. wat die wyse manne verkondig sonder om iets te verberg, van hulle vaders af oorgelewer;
19. aan hulle alleen was die land gegee, en geen vreemdeling het nog onder hulle deurgetrek nie.
20. Al sy dae leef die goddelose in angs, ja, al die jare deur wat vir die tiran bepaal is.
21. Skrikgeluide is in sy ore; in volle vrede oorval die verwoester hom.
22. Hy glo nie dat hy uit die duisternis sal terugkeer nie; en hy is bestemd vir die swaard.
23. Hy dwaal rond en soek brood. Waar is dit? Hy weet dat gereed is, ophande, die dag van duisternis.
24. Benoudheid en angs verskrik hom; dit oorweldig hom soos ‘n koning wat gereed staan vir die aanval,
25. omdat hy sy hand uitgesteek het teen God en die Almagtige getrotseer het
26. (hy het Hom stormgeloop met uitgerekte nek, met die dik bulte van sy skilde);
27. omdat hy sy gesig met sy vet oordek en ‘n vetlaag op sy heupe gevorm het,
28. en verdelgde stede bewoon het, huise wat nie bewoon moes word nie, wat bestem was om puinhope te bly.
29. Hy bly nie ryk en sy vermoë hou nie stand nie, en hulle besitting buig nie soos koringare na die aarde toe nie.
30. Hy ontvlug nie die duisternis nie, die vlam laat sy spruit verdroog, en hy vergaan deur die geblaas van die mond van God.
31. Laat hom nie vertrou op nietigheid nie—hy kom bedroë uit! —want nietigheid sal sy vergelding wees.
32. Voor sy tyd word dit vervul, en sy palmtak bly nie meer groen nie.
33. Hy skud sy onryp druiwe af soos ‘n wingerdstok en gooi sy bloeisel af soos ‘n olyfboom.
34. Want die bende van die goddelose is onvrugbaar, en vuur verteer die tente van omkopery.
35. Hulle is swanger van moeite en baar onheil; en hulle skoot bring bedrog voort.
About Job Chapter 15
Read Job Chapter 15 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Job
Chapter: 15
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Job Chapter 15 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Job Chapter 15?
Job Chapter 15 is part of the Book of Job in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Job Chapter 15 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Job
Explore More from Ou Testament
- Job Chapter 20
- Psalms Chapter 102
- 2 Kronieke Chapter 2
- Psalms Chapter 82
- 2 Konings Chapter 20
- Psalms Chapter 84
- 1 Samuel Chapter 8