Read 1 Korintiërs Chapter 5 Online
Read 1 Korintiërs Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 1 Korintiërs and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
1 Korintiërs 5
Hoofstuk 5
1. ‘N Mens hoor waarlik van hoerery onder julle, en hoerery van so ‘n aard as wat selfs onder die heidene nie bekend is nie: dat iemand die vrou van sy vader het.
2. En tog is julle opgeblase in plaas dat julle liewer getreur het, sodat hy wat hierdie daad gedoen het, kan verwyder word onder julle uit.
3. Want wat my betref, het ek, liggaamlik afwesig maar in die gees teenwoordig, alreeds besluit asof ek teenwoordig was, om hom wat so iets gedoen het,
4. in die Naam van onse Here Jesus Christus, as julle vergader het en my gees saam met die krag van onse Here Jesus Christus—
5. om so iemand aan die Satan oor te lewer tot verderf van die vlees, sodat die gees gered kan word in die dag van die Here Jesus.
6. Julle roem is nie mooi nie. Weet julle nie dat ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie?
7. Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus.
8. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid.
9. Ek het julle in my brief geskrywe om nie met hoereerders om te gaan nie—
10. dit wil sê, nie die hoereerders van hierdie wêreld of die gierigaards of rowers of afgodedienaars in die algemeen nie, want dan sou julle uit die wêreld moet uitgaan—
11. maar nou skryf ek aan julle om nie om te gaan met iemand wat, al staan hy as ‘n broeder bekend, ‘n hoereerder is of ‘n gierigaard of ‘n afgodedienaar of ‘n kwaadspreker of ‘n dronkaard of ‘n rower nie; met so iemand moet julle selfs nie saam eet nie.
12. Want waarom sou ek ook die wat buite is, oordeel? Oordeel julle nie die wat binne is nie?
13. Maar die wat buite is, oordeel God. Verwyder tog dié slegte mens onder julle uit.
About 1 Korintiërs Chapter 5
Read 1 Korintiërs Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 1 Korintiërs in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 1 Korintiërs
Chapter: 5
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 1 Korintiërs. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 1 Korintiërs Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 1 Korintiërs Chapter 5?
1 Korintiërs Chapter 5 is part of the Book of 1 Korintiërs in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 1 Korintiërs Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 1 Korintiers
- 1 Korintiërs Chapter 13
- 1 Korintiërs Chapter 14
- 1 Korintiërs Chapter 12
- 1 Korintiërs Chapter 10
- 1 Korintiërs Chapter 1
- 1 Korintiërs Chapter 8
- 1 Korintiërs Chapter 4
Explore More from Nuwe Testament
- Efesiërs Chapter 6
- Romeine Chapter 11
- Markus Chapter 12
- Markus Chapter 14
- Romeine Chapter 4
- Openbaring Chapter 15
- Openbaring Chapter 19