For English

Read Job Chapter 28 Online

Read Job Chapter 28 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 28

Hoofstuk 28

1. Want vir die silwer is daar ‘n plek waar dit uitkom, en ‘n plek vir die goud wat hulle uitwas.

2. Yster word uit die grond gehaal, en koper word uit klip gegiet.

3. ‘n Einde maak die mens aan die duisternis, en tot die uiterste grens deursoek hy die klip van donkerheid en doodskaduwee.

4. Hy breek ‘n mynskag, wég van hom wat bo woon; hulle wat vergeet is deur die voet daarbo, hulle hang ver van mense af, hulle swaai heen en weer.

5. Die aarde—daar kom brood uit voort, maar daaronder word dit omgewoel soos deur vuur.

6. Die klippe daarvan is die plek van saffiere, en dit bevat stoffies van goud.

7. ‘n Pad wat die roofvoël nie ken nie, en die oog van die valk het dit nie gespeur nie;

8. waar die trotse roofdiere nie op trap nie, waar die leeu nie oor stap nie.

9. Hy slaan sy hand aan die klipharde rots, hy woel die berge van die wortel af om.

10. In die rotse breek hy gange uit, en sy oog sien allerhande kosbare dinge.

11. Hy stop waterare toe, dat hulle nie drup nie; en wat verborge was, bring hy aan die lig.

12. Maar die wysheid—waar word dit gevind? En waar is die plek van verstand?

13. Die mens ken nie die waarde daarvan nie, en dit word in die land van die lewende nie gevind nie.

14. Die wêreldvloed sê: In my is dit nie; en die see sê: By my is dit nie.

15. Fyn goud kan daarvoor nie gegee word nie, en geen silwer as koopprys daarvan afgeweeg word nie.

16. Die goud van Ofir weeg daar nie teen op nie, ook nie die kosbare onikssteen en saffier nie.

17. Goud en glas kan daarmee nie vergelyk word nie, en vir goue voorwerpe ruil ‘n mens dit nie.

18. Korale en kristal kan nie genoem word nie, en die besit van wysheid is meer werd as korale.

19. Die topaas van Kus kan daarmee nie vergelyk word nie, suiwer goud word daarteen nie opgeweeg nie.

20. Die wysheid dan—waar kom dit vandaan? En waar is die plek van die verstand?

21. Ja, dit is verborge vir die oë van alles wat leef, en weggesteek vir die voëls van die hemel.

22. Die plek van vertering en die dood sê: Met ons ore het ons die gerug daarvan gehoor.

23. God weet die weg daarheen, en Hy ken die woonplek daarvan.

24. Want Hy sien tot by die eindes van die aarde; alles wat onder die hemel is, aanskou Hy.

25. Toe Hy vir die wind die gewig bepaal en die waters met die maat afgemeet het,

26. toe Hy vir die reën ‘n wet gestel het en ‘n weg vir die onweerstraal,

27. toe het Hy die wysheid gesien en dit verkondig; Hy het dit opgestel en dit ook deurvors.

28. Maar aan die mens het Hy gesê: Kyk, die vrees van die HERE is wysheid; en om van die kwaad af te wyk, is verstand.

About Job Chapter 28

Read Job Chapter 28 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 28
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 28 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 28?

Job Chapter 28 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 28 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 42
  7. Job Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. Esegiël Chapter 6
  2. Esegiël Chapter 17
  3. Genesis Chapter 7
  4. Jesaja Chapter 41
  5. Jeremia Chapter 35
  6. Josua Chapter 7
  7. Eksodus Chapter 1

Related Chapters & Readings

  1. Esegiël Chapter 9
  2. Numeri Chapter 2
  3. 1 Samuel Chapter 13
  4. Eksodus Chapter 39
  5. Josua Chapter 17
  6. Psalms Chapter 133
  7. Esegiël Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *