Read Psalms Chapter 44 Online
Read Psalms Chapter 44 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 44
Hoofstuk 44
1. O God, met ons ore het ons dit gehoor, ons vaders het ons dit vertel: ‘n werk het U gedoen in hulle dae, in die dae van die voortyd.
2. (44:3) U self het met u hand nasies verdrywe, maar húlle geplant; U het volke kwaad aangedoen, hulle daarenteen laat uitspruit.
3. (44:4) Want hulle het die land nie deur hul swaard in besit geneem nie, en hul arm het hulle nie die oorwinning gegee nie, maar u regterhand en u arm en die lig van u aangesig, omdat U ‘n welbehae in hulle gehad het.
4. (44:5) U self is my Koning, o God! Gebied die oorwinninge van Jakob.
5. (44:6) Deur U sal ons ons teëstanders omstoot; in u Naam sal ons hulle vertrap wat teen ons opstaan.
6. (44:7) Want ek vertrou nie op my boog nie, en my swaard sal my die oorwinning nie gee nie;
7. (44:8) maar U het ons verlos van ons teëstanders en ons haters beskaamd gemaak.
8. (44:9) In God roem ons die hele dag, en u Naam sal ons loof tot in ewigheid. Sela.
9. (44:10) En tog het U ons verstoot en tot skande gemaak, en U trek nie saam met ons leërs uit nie.
10. (44:11) U laat ons agteruitwyk vir die teëstander, en ons haters plunder na hartelus.
11. (44:12) U gee ons oor soos slagvee, en U het ons onder die nasies verstrooi.
12. (44:13) U verkoop u volk vir niks en het nie baie verdien deur hulle koopprys nie.
13. (44:14) U maak ons ‘n smaad vir ons bure, ‘n spot en beskimping vir die wat rondom ons is.
14. (44:15) U maak ons ‘n spreekwoord onder die nasies, ‘n hoofskudding onder die volke.
15. (44:16) My skande is die hele dag voor my, en die skaamte van my aangesig oordek my;
16. (44:17) weens die stem van die smader en lasteraar, weens die blik van die vyand en wraakgierige.
17. (44:18) Dit alles het oor ons gekom, en tog het ons U nie vergeet en nie bedrieglik gehandel teen u verbond nie.
18. (44:19) Ons hart het nie agteruitgewyk nie, en ons gange het van u pad nie afgebuig nie,
19. (44:20) alhoewel U ons verbrysel het in ‘n plek van jakkalse en ons met ‘n doodskaduwee oordek.
20. (44:21) As ons die Naam van onse God vergeet het en ons hande uitgebrei het na ‘n vreemde god—
21. (44:22) sou God dit nie naspeur nie? Want Hy ken die geheime van die hart.
22. (44:23) Maar om U ontwil word ons die hele dag gedood; ons word gereken as slagskape.
23. (44:24) Ontwaak! Waarom slaap U, Here? Word tog wakker! Verstoot nie vir ewig nie!
24. (44:25) Waarom verberg U u aangesig, vergeet U ons ellende en ons verdrukking?
25. (44:26) Want ons siel is in die stof neergebuig; ons buik kleef aan die aarde.
26. (44:27) Staan op tot ons hulp en verlos ons om u goedertierenheid ontwil!
About Psalms Chapter 44
Read Psalms Chapter 44 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 44
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 44 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 44?
Psalms Chapter 44 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 44 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Numeri Chapter 1
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 12
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 140
- Psalms Chapter 3
- Psalms Chapter 51
- Psalms Chapter 66
- Psalms Chapter 101
- Psalms Chapter 25
- Psalms Chapter 11