For English

Read Job Chapter 19 Online

Read Job Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 19

Hoofstuk 19

1. Maar Job het geantwoord en gesê:

2. Hoe lank sal julle my siel kwel en my met woorde verbrysel?

3. Nou tien maal al doen julle my smaadheid aan, mishandel julle my sonder om julle te skaam.

4. En het ek ook werklik my misgaan, dan bly my fout by my.

5. As julle jul werklik teen my wil groot maak en teen my my smaadheid wil bewys,

6. weet dan dat Gód my onregverdig behandel het en met sy net my rondom ingesluit het.

7. As ek roep: Geweld! dan word ek nie verhoor nie; ek roep om hulp, maar daar is geen reg nie.

8. Hy het my weg toegemuur, sodat ek nie verby kan nie; en oor my paaie het Hy duisternis gesprei.

9. My eer het Hy van my afgetrek en die kroon van my hoof weggeneem.

10. Hy werp my aan alle kante omver, en—daar gaan ek! En Hy het my verwagting uitgeruk soos ‘n boom.

11. Ook het Hy sy toorn teen my laat ontvlam en my beskou as een van sy vyande.

12. As een man kom sy skare aan en baan ‘n pad vir hulle teen my, en hulle slaan die laer op rondom my tent.

13. My broers het Hy ver van my verwyder, en my bekendes het vir my heeltemal vreemd geword.

14. My nabestaandes ontbreek, en my vertroudes het my vergeet.

15. My bywoners en my slavinne beskou my as ‘n vreemde; ‘n onbekende het ek geword in hulle oë.

16. Ek roep my slaaf, maar hy antwoord nie; met my mond moet ek hom smeek.

17. My asem is vir my vrou hinderlik, en my slegte reuk vir die kinders van my moeder se skoot.

18. Selfs jong seuns minag my; wil ek opstaan, dan spot hulle met my.

19. Al my vertroude vriende het ‘n afsku van my; en die wat ek liefgehad het, het hulle teen my gekeer.

20. My gebeente kleef aan my vel en aan my vlees, en ek het slegs met my tandvlees ontsnap.

21. Ontferm julle oor my, ontferm julle oor my, o my vriende, want die hand van God het my getref!

22. Waarom vervolg julle my, soos God, en word nie versadig van my vlees nie?

23. Ag, mag my woorde tog maar opgeskrywe, mag hulle maar in ‘n boek opgeteken word—

24. met ‘n ystergriffel en lood—vir altyd in ‘n rots ingekap!

25. Maar ek, ek weet: My Verlosser leef; en Hy sal as laaste oor die stof opstaan.

26. En nadat hulle so my vel afgeskeur het, sal ek nogtans uit my vlees God aanskou;

27. Hom wat ék sal aanskou my ten goede, en my oë—en geen vreemde nie—sal sien, My niere versmag van verlange in my binneste.

28. As julle sê: Hoe sal ons hom vervolg, aangesien die wortel van die saak in hom gevind is! —

29. vrees dan vir die swaard, want grimmigheid is een van die oortredinge wat die swaard verdien, sodat julle kan weet dat daar ‘n oordeel is.

About Job Chapter 19

Read Job Chapter 19 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 19
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 19 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 19?

Job Chapter 19 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 19 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 42
  7. Job Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 55
  2. Psalms Chapter 45
  3. Jesaja Chapter 39
  4. Eksodus Chapter 33
  5. Levitikus Chapter 19
  6. Deuteronomium Chapter 22
  7. Jeremia Chapter 14

Related Chapters & Readings

  1. Spreuke Chapter 30
  2. Daniël Chapter 6
  3. Nahum Chapter 3
  4. 2 Timoteus Chapter 4
  5. Deuteronomium Chapter 26
  6. Lukas Chapter 14
  7. Nahum Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *