Esegiël Chapter 5

For English

Read Esegiël Chapter 5 Online

Read Esegiël Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Esegiël and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Esegiël 5

Hoofstuk 5

1. En jy, mensekind, neem vir jou ‘n skerp swaard; as skeermes moet jy dit vir jou neem, en laat dit gaan oor jou hoof en oor jou baard; daarna moet jy vir jou ‘n weegskaal neem en die hare verdeel:

2. ‘n derde deel moet jy binne-in die stad met vuur verbrand as die dae van die beleëring verby is; dan moet jy ‘n derde deel neem en met die swaard stukkend kap rondom die stad, en ‘n derde deel moet jy in die wind strooi; en Ek sal ‘n swaard agter hulle uittrek.

3. Jy moet ook ‘n klein bietjie daarvan neem en dit in jou slippe bind;

4. en daarvan moet jy nog weer neem en dit binne-in die vuur gooi en dit met vuur verbrand; daar sal vuur van uitgaan in die hele huis van Israel.

5. So sê die Here HERE: Dit is Jerusalem. Ek het dit onder die nasies gestel, en lande is daar rondomheen.

6. Maar dit was wederstrewig teen my verordeninge, goddeloser as die nasies, en teen my insettinge meer as die lande daar rondomheen; want hulle het my verordeninge verwerp en in my insettinge nie gewandel nie.

7. Daarom, so sê die Here HERE: Omdat julle opstandiger is as die nasies wat rondom julle is, in my insettinge nie gewandel en my verordeninge nie betrag het nie—selfs na die verordeninge van die nasies wat rondom julle is, nie gehandel het nie;

8. daarom, so sê die Here HERE: Kyk, Ek het dit teen jou, ja, Ek! En Ek sal strafgerigte in jou midde oefen, voor die oë van die nasies;

9. en om al jou gruwels ontwil sal Ek aan jou doen wat Ek nooit gedoen het nie, en wat Ek só nooit weer sal doen nie.

10. Daarom sal die vaders die kinders opeet in jou midde, en die kinders sal hulle vaders opeet; en Ek sal strafgerigte oefen in jou midde en sal al wat van jou oorbly, na al die windstreke verstrooi.

11. Daarom, so waar as Ek leef, spreek die Here HERE, gewis, omdat jy my heiligdom verontreinig het met al jou verfoeisels en met al jou gruwels, sal Ék My ook onttrek; my oog sal nie verskoon nie, en Ék sal ook nie spaar nie.

12. ‘n Derde deel van jou sal aan die pes sterwe en deur hongersnood in jou omkom; en ‘n derde deel sal deur die swaard rondom jou val; en ‘n derde deel sal Ek na al die windstreke verstrooi, en Ek sal ‘n swaard agter hulle uittrek.

13. So sal dan my toorn uitwoed, en Ek sal my grimmigheid tot rus bring teen hulle en aan My voldoening verskaf; en hulle sal weet dat Ek, die HERE, in my ywer gespreek het as Ek my grimmigheid teen hulle laat uitwoed.

14. En Ek sal jou ‘n puinhoop en ‘n voorwerp van smaad maak onder die nasies wat rondom jou is, voor die oë van almal wat verbygaan.

15. En dit sal ‘n voorwerp van smaad en skimp wees, ‘n waarskuwing en ‘n voorwerp van verbasing vir die nasies wat rondom jou is, as Ek strafgerigte in jou oefen in toorn en grimmigheid en in grimmige strawwe; Ek, die HERE, het dit gespreek.

16. As Ek die verderflike pyle van hongersnood teen hulle uitstuur wat tot verwoesting is, wat Ek uitstuur om julle te vernietig, dan sal Ek die hongersnood oor julle vermeerder, en julle staf van die brood sal Ek verbreek.

17. Ja, hongersnood en wilde diere wat jou kinderloos sal maak, sal Ek oor julle stuur; ook sal pes en bloedvergieting in jou rondgaan, en Ek sal ‘n swaard oor jou bring. Ek, die HERE, het dit gespreek.

About Esegiël Chapter 5

Read Esegiël Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esegiël in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Esegiël
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Esegiël. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Esegiël Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Esegiël Chapter 5?

Esegiël Chapter 5 is part of the Book of Esegiël in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Esegiël Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Esegiel

  1. Esegiël Chapter 29
  2. Esegiël Chapter 28
  3. Esegiël Chapter 1
  4. Esegiël Chapter 2
  5. Esegiël Chapter 48
  6. Esegiël Chapter 27
  7. Esegiël Chapter 33

Explore More from Ou Testament

  1. Eksodus Chapter 37
  2. Psalms Chapter 33
  3. Eksodus Chapter 40
  4. 1 Samuel Chapter 27
  5. Hosea Chapter 8
  6. Jeremia Chapter 42
  7. Psalms Chapter 25

Related Chapters & Readings

  1. Genesis Chapter 23
  2. Handelinge Chapter 7
  3. 2 Petrus Chapter 1
  4. Esegiël Chapter 11
  5. Psalms Chapter 90
  6. Job Chapter 26
  7. 2 Kronieke Chapter 15
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *