2 Samuel Chapter 5

For English

Read 2 Samuel Chapter 5 Online

Read 2 Samuel Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Samuel and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Samuel 5

Hoofstuk 5

1. Toe kom al die stamme van Israel na Dawid in Hebron, en hulle spreek en sê: Hier is ons, u been en u vlees is ons!

2. Gister sowel as eergister toe Saul koning oor ons was, het ú Israel uit— en ingelei; en die HERE het aan u gesê: Jy moet my volk Israel oppas, en jy moet ‘n vors wees oor Israel.

3. So het dan al die oudstes van Israel na die koning in Hebron gekom; en koning Dawid het met hulle ‘n verbond in Hebron gesluit voor die aangesig van die HERE, en hulle het Dawid as koning oor Israel gesalf.

4. Dertig jaar was Dawid oud toe hy koning geword het; veertig jaar het hy geregeer.

5. In Hebron het hy oor Juda sewe jaar en ses maande geregeer, en in Jerusalem het hy drie en dertig jaar oor die hele Israel en Juda geregeer.

6. Toe die koning met sy manne na Jerusalem wegtrek teen die Jebusiete, die bewoners van die land, het hulle met Dawid gespreek en gesê: Jy sal hier nie inkom nie, maar die blindes en lammes sal jou verdrywe—dit wil sê: Dawid sal hier nie inkom nie.

7. Maar Dawid het die bergvesting Sion ingeneem; dit is die stad van Dawid.

8. En Dawid het daardie dag gesê: Elkeen wat ‘n Jebusiet verslaan, laat hom in die waterkanaal neerwerp die lammes sowel as die blindes, van wie Dawid se siel ‘n afkeer het! Daarom sê hulle: ‘n Blinde en ‘n lamme mag nie in die huis kom nie.

9. En Dawid het in die bergvesting gaan woon en dit die stad van Dawid genoem; en Dawid het rondom, van Millo af na die binnekant, gebou.

10. En Dawid het gedurigdeur groter geword, en die HERE, die God van die leërskare, was met hom.

11. Toe stuur Hiram, die koning van Tirus, boodskappers na Dawid met sederhout en skrynwerkers en klipkappers, en hulle het vir Dawid ‘n huis gebou.

12. So het Dawid dan gewaar geword dat die HERE hom as koning oor Israel bevestig en sy koningskap verhef het ter wille van sy volk Israel.

13. En Dawid het uit Jerusalem meer byvroue en vroue geneem, nadat hy uit Hebron gekom het; en vir Dawid is meer seuns en dogters gebore.

14. En dit is die name van die wat vir hom in Jerusalem gebore is: Sámmua en Sobab en Natan en Salomo,

15. en Jibhar en Elisúa en Nefeg en Jáfia,

16. en Elisáma en Éljada en Elifélet.

17. Toe die Filistyne hoor dat Dawid as koning oor Israel gesalf was, het al die Filistyne opgetrek om Dawid te soek, maar Dawid het dit gehoor en afgetrek na die bergvesting.

18. En die Filistyne het gekom en hulle versprei in die dal Refáim.

19. Toe het Dawid die HERE geraadpleeg en gesê: Sal ek optrek teen die Filistyne? Sal U hulle in my hand gee? En die HERE het aan Dawid gesê: Trek op, want Ek sal die Filistyne verseker in jou hand gee.

20. Daarop het Dawid na Baäl-Pérasim gegaan, en Dawid het hulle daar verslaan en gesê: Die HERE het voor my heen deur my vyande gebreek soos water deurbreek; daarom het hy dié plek Baäl-Pérasim genoem.

21. En hulle het hul afgode daar agtergelaat, en Dawid en sy manne het dit saamgeneem.

22. Maar die Filistyne het nog weer opgetrek en hulle in die dal Refáim versprei.

23. Toe raadpleeg Dawid die HERE, en Hy sê: Jy moet nie optrek nie: trek agter hulle om en val hulle aan vlak voor die balsembosse.

24. En as jy ‘n geruis van voetstappe in die toppe van die balsembosse hoor, moet jy gou maak, want dan het die HERE voor jou uitgetrek om die leër van die Filistyne te verslaan.

25. En Dawid het gedoen net soos die HERE hom beveel het, en hy het die Filistyne verslaan van Gíbeon af tot naby Geser.

About 2 Samuel Chapter 5

Read 2 Samuel Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Samuel
Chapter: 5
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Samuel Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Samuel Chapter 5?

2 Samuel Chapter 5 is part of the Book of 2 Samuel in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Samuel Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Samuel

  1. 2 Samuel Chapter 13
  2. 2 Samuel Chapter 16
  3. 2 Samuel Chapter 24
  4. 2 Samuel Chapter 6
  5. 2 Samuel Chapter 2
  6. 2 Samuel Chapter 1
  7. 2 Samuel Chapter 19

Explore More from Ou Testament

  1. Spreuke Chapter 7
  2. Deuteronomium Chapter 20
  3. 1 Konings Chapter 9
  4. Joël Chapter 2
  5. Jeremia Chapter 31
  6. Eksodus Chapter 24
  7. Jesaja Chapter 5

Related Chapters & Readings

  1. Hosea Chapter 1
  2. Spreuke Chapter 17
  3. Romeine Chapter 15
  4. Numeri Chapter 33
  5. 2 Samuel Chapter 13
  6. Psalms Chapter 38
  7. Psalms Chapter 64
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *