For English

Read Job Chapter 39 Online

Read Job Chapter 39 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 39

Hoofstuk 39

1. (39:4) Weet jy die tyd as die steenbokke lam? Neem jy dit waar as die takbokooie voortbring?

2. (39:5) Tel jy die maande wat hulle dragtig is? En weet jy die tyd dat hulle lam?

3. (39:6) Hulle buig hul krom, bring hulle kleintjies voort—weg is hulle weë!

4. (39:7) Hulle kleintjies word sterk, word groot in die veld, loop weg en kom na hulle nie terug nie.

5. (39:8) Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak?

6. (39:9) Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.

7. (39:10) Hy lag oor die gewoel van die stad; die geskreeu van die drywer hoor hy nie.

8. (39:11) Die omgewing van die berge is sy weiveld; en al wat groen is, soek hy uit.

9. (39:12) Sal die buffel gewillig wees om jou te dien? Of sal hy vernag by jou krip?

10. (39:13) Kan jy die buffel aan die ploegvoor bind met sy trektou? Of sal hy die laagtes agter jou eg?

11. (39:14) Sal jy op hom vertrou, omdat sy krag groot is? En aan hom jou arbeid oorlaat?

12. (39:15) Kan jy op hom reken, dat hy jou gesaaide sal inbring en bymekaarmaak op jou dorsvloer?

13. (39:16) Die vlerk van die volstruis klap vrolik. Is dit ‘n sagaardige vleuel en veer?

14. (39:17) Want sy laat haar eiers op die grond lê en hou hulle warm op die grond;

15. (39:18) en vergeet dat ‘n voet dit kan stukkend druk en die wilde diere van die veld dit kan vertrap.

16. (39:19) Hard behandel sy haar kleintjies asof dit nie hare is nie; is haar moeite tevergeefs—sy is nie bekommerd nie.

17. (39:20) Want God het haar die wysheid ontsê en haar geen deel gegee aan die verstand nie.

18. (39:21) Wanneer sy haarself in die hoogte klap, lag sy oor die perd en sy ruiter.

19. (39:22) Gee jy aan die perd sterkte? Beklee jy sy nek met maanhare?

20. (39:23) Laat jy hom spring soos die sprinkaan? Sy trotse gesnuif is ‘n verskrikking.

21. (39:24) Hy grawe in die laagte en is vrolik in sy krag; hy trek uit, die stryd tegemoet.

22. (39:25) Hy lag oor die vrees en word nie verskrik nie en draai nie om vir die swaard nie.

23. (39:26) Op hom rammel die pylkoker, die flikkerende spies en lans.

24. (39:27) Onstuimig en wild verslind hy die grond en staan nie stil as die basuin klink nie.

25. (39:28) By elke basuinstoot sê hy: Heag! En van ver ruik hy die oorlog, die donderroep van die leërowerstes en die oorlogsgeskreeu.

26. (39:29) Sweef die valk opwaarts deur jou verstand en sprei sy vlerke uit na die suide toe?

27. (39:30) Of vlieg die adelaar hoog op jou bevel en bou hy hoog sy nes?

28. (39:31) Op die rots woon hy en vernag hy, op die rotspunt en bergvesting.

29. (39:32) Daarvandaan loer hy op voedsel, sy oë kyk in die verte.

30. (39:33) Ook slurp sy kleintjies bloed, en waar gesneuweldes lê, daar is hy.

About Job Chapter 39

Read Job Chapter 39 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 39
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 39 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 39?

Job Chapter 39 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 39 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 42
  7. Job Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. Sagaria Chapter 9
  2. Jeremia Chapter 20
  3. Eksodus Chapter 26
  4. 2 Samuel Chapter 3
  5. 2 Kronieke Chapter 9
  6. Jeremia Chapter 12
  7. Jeremia Chapter 52

Related Chapters & Readings

  1. Nehemia Chapter 1
  2. Eksodus Chapter 29
  3. Psalms Chapter 34
  4. Levitikus Chapter 7
  5. Esegiël Chapter 19
  6. Job Chapter 20
  7. 1 Petrus Chapter 4
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *