Read Genesis Chapter 5 Online
Read Genesis Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Genesis and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Genesis 5
Hoofstuk 5
1. Dit is die stamboom van Adam. Die dag toe God Adam geskape het, het Hy hom gemaak na die gelykenis van God.
2. Man en vrou het Hy hulle geskape en hulle geseën en hulle mens genoem, die dag toe hulle geskape is.
3. Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek na sy gelykenis, na sy ewebeeld, en hom Set genoem.
4. En die dae van Adam, ná die geboorte van Set, was agt honderd jaar. En hy het seuns en dogters gehad.
5. So was dan al die dae van Adam wat hy geleef het, nege honderd en dertig jaar, en hy het gesterwe.
6. Toe Set honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.
7. En Set het ná die geboorte van Enos nog agt honderd en sewe jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
8. So was dan al die dae van Set nege honderd en twaalf jaar, en hy het gesterwe.
9. Toe Enos negentig jaar oud was, het hy die vader van Kenan geword.
10. En Enos het ná die geboorte van Kenan nog agt honderd en vyftien jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
11. So was dan al die dae van Enos nege honderd en vyf jaar, en hy het gesterwe.
12. Toe Kenan sewentig jaar oud was, het hy die vader van Mahalálel geword.
13. En Kenan het ná die geboorte van Mahalálel nog agt honderd en veertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
14. So was dan al die dae van Kenan nege honderd en tien jaar, en hy het gesterwe.
15. Toe Mahalálel vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Jered geword.
16. En Mahalálel het ná die geboorte van Jered nog agt honderd en dertig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
17. So was dan al die dae van Mahalálel agt honderd vyf en negentig jaar, en hy het gesterwe.
18. Toe Jered honderd twee en sestig jaar oud was, het hy die vader van Henog geword.
19. En Jered het ná die geboorte van Henog nog agt honderd jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
20. So was dan al die dae van Jered nege honderd twee en sestig jaar, en hy het gesterwe.
21. Toe Henog vyf en sestig jaar oud was, het hy die vader van Metúsalag geword.
22. En Henog het ná die geboorte van Metúsalag nog drie honderd jaar met God gewandel. En hy het seuns en dogters gehad.
23. So was dan al die dae van Henog drie honderd vyf en sestig jaar.
24. En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem.
25. Toe Metúsalag honderd sewe en tagtig jaar oud was, het hy die vader van Lameg geword.
26. En Metúsalag het ná die geboorte van Lameg nog sewe honderd twee en tagtig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
27. So was dan al die dae van Metúsalag nege honderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe.
28. Toe Lameg honderd twee en tagtig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek
29. en hom Noag genoem, want hy het gesê: Dit is hy wat ons sal troos oor ons werk en oor die moeitevolle arbeid van ons hande wat voortkom uit die aarde wat die HERE vervloek het.
30. En Lameg het ná die geboorte van Noag nog vyf honderd vyf en negentig jaar gelewe. En hy het seuns en dogters gehad.
31. So was dan al die dae van Lameg sewe honderd sewe en sewentig jaar, en hy het gesterwe.
32. En Noag was vyf honderd jaar oud, en Noag het die vader geword van Sem, Gam en Jafet.
About Genesis Chapter 5
Read Genesis Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Genesis
Chapter: 5
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Genesis. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Genesis Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Genesis Chapter 5?
Genesis Chapter 5 is part of the Book of Genesis in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Genesis Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Genesis
- Gênesis Chapter 12
- Gênesis Chapter 13
- Gênesis Chapter 40
- Gênesis Chapter 5
- Gênesis Chapter 16
- Gênesis Chapter 14
- Gênesis Chapter 20
Explore More from Ou Testament
- Eksodus Chapter 19
- Jesaja Chapter 38
- Eksodus Chapter 39
- Job Chapter 26
- Psalms Chapter 84
- Esegiël Chapter 9
- Numeri Chapter 31