Read Job Chapter 4 Online
Read Job Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Job 4
Hoofstuk 4
1. Toe antwoord Élifas, die Temaniet, en sê:
2. As ‘n mens dit met ‘n woord by jou waag, sal jy ontstemd wees? Maar woorde inhou—wie kan dit?
3. Kyk, jy het baie mense tereggewys en slap hande versterk.
4. Jou woorde het opgerig die wat struikel, en jy het knikkende knieë versterk.
5. Maar nou dat dit jóu oorkom, is jy moedverlore; nou dat dit jóu tref, is jy verslae!
6. Is jou Godsvrees nie jou hoop, jou vrome wandel nie jou verwagting nie?
7. Bedink tog, wie het ooit onskuldig omgekom, en waar is opregtes verdelg?
8. Volgens ek gesien het: Die wat onreg ploeg en moeite saai, dié maai dit.
9. Deur die asem van God kom hulle om, en deur die geblaas van sy toorn word hulle vernietig.
10. Die gebrul van die leeu en die stem van die bruller—ja, die tande van die jong leeus word uitgebreek.
11. Die leeu kom om by gebrek aan prooi, en die kleintjies van die leeuin word verstrooi.
12. Verder is ‘n woord op geheimsinnige wyse na my gebring, en my oor het ‘n gefluister daarvan opgevang,
13. by die gedagtespel, uit naggesigte gebore, wanneer diepe slaap op die mense val.
14. Skrik het oor my gekom en siddering en het my hele gebeente laat bewe.
15. Toe skuif daar ‘n gees voor my verby; die hare van my vlees het opgerys.
16. Hy bly staan, maar ek kon sy gedaante nie herken nie—’n verskyning voor my oë! Ek hoor die gefluister van ‘n stem wat sê:
17. Sou ‘n sterfling regverdig wees voor God? Of ‘n man rein wees voor sy Maker?
18. Kyk, in sy dienaars stel Hy geen vertroue nie, en by sy engele ontdek Hy dwaling.
19. Hoeveel meer by hulle wat kleihuise bewoon, van wie die grondslag in die stof is, wat fyngedruk word soos ‘n mot.
20. Tussen môre en aand word hulle verpletter; hulle kom vir ewig om sonder dat iemand daar ag op gee.
21. Word hulle tentlyn nie losgeruk in hulle nie? Hulle sterwe, en dit sonder wysheid.
About Job Chapter 4
Read Job Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Job
Chapter: 4
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Job Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Job Chapter 4?
Job Chapter 4 is part of the Book of Job in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Job Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Job
Explore More from Ou Testament
- Jeremia Chapter 33
- Job Chapter 12
- Deuteronomium Chapter 19
- Jeremia Chapter 15
- Numeri Chapter 34
- Psalms Chapter 21
- 2 Kronieke Chapter 24