For English

Read Job Chapter 32 Online

Read Job Chapter 32 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 32

Hoofstuk 32

1. Toe het dié drie manne opgehou om Job te antwoord, omdat hy in sy eie oë regverdig was.

2. En die toorn van Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, uit die geslag van Ram, het ontvlam; teen Job het sy toorn ontvlam, omdat hy homself regverdig beskou het voor God.

3. Sy toorn het ook ontvlam teen sy drie vriende, omdat hulle geen antwoord gevind het nie en Job veroordeel het.

4. Maar Elíhu het op Job gewag met sy woorde, omdat hulle ouer was as hy.

5. Maar toe Elíhu sien dat daar geen antwoord was in die mond van die drie manne nie, het sy toorn ontvlam.

6. En Elíhu, die seun van Barágeël, die Busiet, het begin en gesê: Ek is jonk, en u is hoogbejaard; daarom was ek beskroomd en het gevrees om my kennis aan u mee te deel.

7. Ek het gesê: Laat die dae spreek en die veelheid van jare wysheid te kenne gee.

8. Maar dit is die Gees in die mens en die asem van die Almagtige wat hulle verstandig maak.

9. Nie die bejaardes is wys nie, en nie die oues verstaan wat reg is nie.

10. Daarom sê ek: Luister na my; ek wil ook my kennis meedeel.

11. Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.

12. En ek het op u ag gegee; maar kyk: daar was niemand wat Job weerlê het nie, niemand van u wat sy woorde beantwoord het nie.

13. Sê maar net nie: Ons het wysheid aangetref, God alleen kan hom verslaan, geen mens nie.

14. Teen my tog het hy geen woorde ingebring nie; en met u redeneringe sal ek hom nie beantwoord nie.

15. Hulle staan verslae; hulle antwoord nie meer nie; die woorde laat hulle in die steek.

16. Sal ek dan wag, omdat hulle nie spreek nie, omdat hulle daar staan sonder antwoord?

17. Ek wil ook my deel antwoord; ek wil ook my kennis meedeel.

18. Want ek is vol woorde; die gees in my binneste dring my.

19. Kyk, my binneste is soos wyn wat geen opening het nie, soos nuwe leersakke wil dit bars.

20. Ek wil spreek om lug te kry, my lippe oopmaak en antwoord gee.

21. Ek wil nie partydig wees nie; en ‘n mens vlei, sal ek nie.

22. Want ek verstaan nie om te vlei nie; gou sou my Maker my wegneem!

About Job Chapter 32

Read Job Chapter 32 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 32
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 32 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 32?

Job Chapter 32 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 32 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Job Chapter 25
  2. Job Chapter 40
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 11
  5. Job Chapter 33
  6. Job Chapter 20
  7. Job Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. 1 Konings Chapter 2
  2. Jesaja Chapter 32
  3. Esegiël Chapter 43
  4. Numeri Chapter 13
  5. 1 Samuel Chapter 25
  6. Klaagliedere Chapter 4
  7. Psalms Chapter 84

Related Chapters & Readings

  1. Eksodus Chapter 31
  2. 2 Kronieke Chapter 17
  3. Miga Chapter 3
  4. 2 Samuel Chapter 14
  5. Jesaja Chapter 51
  6. Eksodus Chapter 4
  7. Matteus Chapter 5
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *