Read Job Chapter 40 Online
Read Job Chapter 40 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Job 40
Hoofstuk 40
1. En die HERE het Job geantwoord en gesê:
2. (39:35) Wil die berisper met die Almagtige twis? Laat hy wat God teregwys, hierop antwoord!
3. (39:36) Toe het Job die HERE geantwoord en gesê:
4. (39:37) Kyk, ek is te gering. Wat kan ek U antwoord? Ek lê my hand op my mond.
5. (39:38) Een maal het ek gespreek, maar sal nie meer antwoord nie; ja, twee maal, maar ek sal nie voortgaan nie.
6. (40:1) En die HERE het Job uit ‘n storm geantwoord en gesê:
7. (40:2) Gord tog jou heupe soos ‘n man; Ek sal jou ondervra en onderrig jy My.
8. (40:3) Wil jy werklik my reg verbreek, My veroordeel, dat jy gelyk kan hê?
9. (40:4) Het jy dan ‘n arm soos God? En kan jy donder met die stem soos Hy?
10. (40:5) Versier jou tog met heerlikheid en hoogheid, en beklee jou met majesteit en glorie!
11. (40:6) Giet jou toorn in strome uit; en kyk na alles wat hoog is, en verneder dit.
12. (40:7) Kyk na alles wat hoog is, onderwerp dit; en werp die goddelose neer daar waar hulle staan.
13. (40:8) Begrawe hulle almal saam in die stof; sluit hulle aangesigte in ‘n verborge plek weg.
14. (40:9) Dan sal ook Ek jou loof, omdat jou regterhand jou die oorwinning gee.
15. (40:10) Kyk, daar is die seekoei wat Ek gemaak het saam met jou. Gras eet hy soos ‘n bees.
16. (40:11) Kyk tog, sy krag is in sy kruis, en sy sterkte in die spiere van sy buik.
17. (40:12) Hy hou sy stert reguit soos ‘n seder; die senings van sy dye is inmekaar gevleg.
18. (40:13) Sy gebeente is pype van koper, sy bene soos stawe van yster.
19. (40:14) Hy is die eersteling van die weë van God; Hy wat hom gemaak het, het hom sy swaard verskaf.
20. (40:15) Want die berge lewer vir hom voer, en al die wilde diere van die veld speel daar.
21. (40:16) Onder lotusbome lê hy, in ‘n skuilplek van riete en moeras.
22. (40:17) Lotusbome oordek hom as sy skaduwee, die rivierwilgers omring hom.
23. (40:18) As die rivier swel—hy word nie verskrik nie; hy voel gerus, ook al bruis ‘n Jordaan teen sy mond.
24. (40:19) Sal ‘n mens hom gryp terwyl hy jou aankyk, met vangtoue sy neus deurboor?
About Job Chapter 40
Read Job Chapter 40 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Job
Chapter: 40
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Job Chapter 40 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Job Chapter 40?
Job Chapter 40 is part of the Book of Job in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Job Chapter 40 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Job
Explore More from Ou Testament
- Psalms Chapter 126
- Psalms Chapter 129
- Deuteronomium Chapter 28
- Jesaja Chapter 66
- Eksodus Chapter 35
- 1 Samuel Chapter 20
- Eksodus Chapter 16