Read Job Chapter 5 Online
Read Job Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Job 5
Hoofstuk 5
1. Roep maar—is daar iemand wat jou antwoord gee? En na wie van die heiliges sal jy gaan?
2. Want verbitterdheid vermoor die dwaas, en naywer maak die domme dood.
3. Ek self het gesien hoe ‘n dwaas wortel skiet; maar skielik het ek sy woning vervloek.
4. Ver is sy kinders van geluk; en hulle word verbrysel in die poort sonder dat iemand red.
5. Wat hy geoes het, eet die hongerige op, en dié haal dit selfs uit die doringheining uit; en die ondergang hyg na hulle rykdom.
6. Want onheil kom nie voort uit die stof, en moeite spruit nie uit die grond nie.
7. Maar die mens word vir moeite gebore soos die vonke boontoe vlieg.
8. Maar wat my aangaan, ek sou na God vra en my saak aan die Godheid voorlê,
9. aan Hom wat groot dinge doen en ondeurgrondelike, wonders sonder getal;
10. wat reën gee oor die aarde en waters uitstuur oor die velde;
11. om nederiges op ‘n hoogte te stel daarbo; en die wat in die rou is, verkry die hoogste geluk.
12. Hy wat die planne van listige mense verydel, sodat hulle hande niks kan uitrig wat standhou nie;
13. wat die wyse manne vang in hulle listigheid, en die raad van die slinkse mense misluk van haastigheid.
14. Oordag stuit hulle op duisternis, en soos in die nag tas hulle rond op die middag.
15. So verlos Hy dan van die swaard wat kom uit hulle mond, en die behoeftige uit die hand van die sterk man.
16. So is daar dan verwagting vir die arme; en ongeregtigheid hou die mond toe.
17. Kyk, gelukkig is die man wat God kasty; verwerp daarom die tugtiging van die Almagtige nie.
18. Want Hy doen smart aan, maar verbind ook; Hy verbrysel, maar sy hande maak gesond.
19. In ses benoudhede sal Hy jou red, ja, in sewe sal geen onheil jou tref nie.
20. In hongersnood verlos Hy jou van die dood en in die oorlog uit die mag van die swaard.
21. As die tong gésel, word jy weggesteek; en jy hoef nie te vrees vir verwoesting as dit kom nie.
22. Oor verwoesting en broodsgebrek sal jy lag, en vir die wilde diere van die aarde hoef jy nie te vrees nie.
23. Want met die klippe van die veld is jou verbond, en die wilde diere van die veld is met jou bevriend.
24. En jy sal uitvind dat jou tent in vrede is; en as jy op jou woonplek rondkyk, sal jy niks vermis nie.
25. Ook sal jy uitvind dat jou kroos talryk is en jou nakomelinge soos die plante van die aarde.
26. Op rype leeftyd sal jy na die graf gaan, soos ‘n koringgerf ingebring word op sy tyd.
27. Kyk, dit het ons nagespeur, so is dit; hoor dit, en neem jy dit ter harte.
About Job Chapter 5
Read Job Chapter 5 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Job
Chapter: 5
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Job Chapter 5 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Job Chapter 5?
Job Chapter 5 is part of the Book of Job in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Job Chapter 5 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Job
Explore More from Ou Testament
- Maleagi Chapter 3
- Psalms Chapter 120
- Hooglied Chapter 5
- Genesis Chapter 35
- Esegiël Chapter 9
- 2 Kronieke Chapter 31
- Sagaria Chapter 9