For English

Read Job Chapter 22 Online

Read Job Chapter 22 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 22

Hoofstuk 22

1. Toe het Élifas, die Temaniet, geantwoord en gesê:

2. Kan ‘n man aan God ‘n diens bewys? Nee, aan homself bewys die verstandige ‘n diens.

3. Het die Almagtige daar belang by dat jy regverdig is? Of is dit voordeel vir Hom dat jy onberispelik wandel?

4. Is dit oor jou Godsvrees dat Hy jou bestraf, dat Hy met jou na die gereg gaan?

5. Is jou boosheid nie groot en jou ongeregtighede nie sonder einde nie?

6. Want jy het pand geneem van jou broers sonder noodsaak, en die klere van die naaktes het jy uitgetrek.

7. Aan die vermoeide het jy geen water gegee om te drink nie, en aan die hongerige het jy die brood onthou.

8. Maar aan die man van geweld—aan hom behoort die land; en die aansienlike—hy moet daarin woon!

9. Weduwees het jy met leë hande weggestuur, en die arms van die wese is verbrysel.

10. Daarom is daar vangnette rondom jou en maak die vrees jou skielik skrik.

11. Of sien jy die duisternis nie en die oorvloed van waters wat jou bedek?

12. Is God nie hemelhoog nie? En aanskou hoe hoog die hoogste sterre staan.

13. Maar jy sê: Wat weet God? Kan Hy deur donkerheid heen strafgerig hou?

14. Wolke is ‘n bedekking vir Hom, sodat Hy nie sien nie; en oor die hemelgewelf wandel Hy.

15. Wil jy die pad van die ou tyd hou, wat die kwaaddoeners bewandel het,

16. wat gegryp is voor die tyd, wie se grondslag uitgegiet is soos ‘n stroom,

17. wat tot God gesê het: Bly ver van ons af! en: Wat kan die Almagtige ons aandoen?

18. En tog het Hy hulle huise gevul met wat goed is. (Maar die gesindheid van die goddelose is ver van my!)

19. Die regverdiges sien dit en is bly, en die onskuldige spot met hulle en sê:

20. Waarlik, ons teëstander is verdelg; en wat hulle laat oorbly het, het die vuur verteer.

21. Sluit tog vriendskap met Hom, sodat jy vrede kan hê; daardeur sal goeie dinge oor jou kom.

22. Neem tog uit sy mond onderrig aan, en lê sy woorde weg in jou hart.

23. As jy tot die Almagtige terugkeer, sal jy gebou word; as jy die onreg verwyder uit jou tent.

24. En gooi die gouderts in die stof en tussen die rotse van die spruite die goud van Ofir.

25. Dan sal die Almagtige jou gouderts wees en stawe silwer vir jou.

26. Want dan sal jy in die Almagtige jou verlustig en jou aangesig tot God ophef.

27. Jy sal tot Hom bid, en Hy sal jou verhoor; en jy sal jou geloftes betaal.

28. Besluit jy iets, dan kom dit tot stand; en oor jou weë skyn ‘n lig.

29. As dié afdraand loop, dan sê jy: Boontoe! En hom wat neerslagtig is, verlos Hy.

30. Hy red selfs hom wat nie onskuldig is nie: ja, hy word gered deur die reinheid van jou hande.

About Job Chapter 22

Read Job Chapter 22 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 22
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 22 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 22?

Job Chapter 22 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 22 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 42
  7. Job Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 34
  2. Rigters Chapter 17
  3. Psalms Chapter 70
  4. Genesis Chapter 50
  5. Hooglied Chapter 8
  6. Psalms Chapter 90
  7. Jesaja Chapter 11

Related Chapters & Readings

  1. Markus Chapter 13
  2. Jesaja Chapter 25
  3. 2 Johannes Chapter 1
  4. Amos Chapter 5
  5. Johannes Chapter 19
  6. Jeremia Chapter 22
  7. Psalms Chapter 30
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *