Read Job Chapter 29 Online
Read Job Chapter 29 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Job 29
Hoofstuk 29
1. En Job het verder sy spreuk aangehef en gesê:
2. Ag, was ek maar soos in die vorige maande, soos in die dae toe God my bewaar het;
3. toe sy lamp bo my hoof geskyn het, ek by sy lig die duisternis deurwandel het;
4. soos ek was in my herfsdae toe die verborgenheid van God oor my tent was;
5. toe die Almagtige nog by my was, my kinders rondom my;
6. toe my voetstappe gewas is in dikmelk en die rots by my strome van olie uitgegiet het.
7. Toe ek uitgegaan het na die poort, op na die stad toe, op die markplein my sitplek reggemaak het,
8. het die seuns weggekruip as hulle my sien, en grysaards het hulle opgerig en bly staan.
9. Vorste het hulle woorde ingehou en die hand op hul mond gelê.
10. Die stem van edeles is teruggehou, en hulle tong het gekleef aan hul verhemelte.
11. Want het ‘n oor net gehoor, dan prys dit my gelukkig; en het ‘n oog net gesien, dan gee dit vir my getuienis.
12. Want ek het die ellendige gered wat om hulp geroep het, en die wees en hom wat geen helper het nie.
13. Die seën van hom wat klaar was om onder te gaan, het op my gekom; en die hart van die weduwee het ek laat jubel.
14. Die geregtigheid was my kleed, en ek sy kleed; my reg was soos ‘n mantel en ‘n tulband.
15. Oë was ek vir die blinde, en voete vir die lamme was ek.
16. ‘n Vader was ek vir die behoeftiges; en die regsaak van hom wat ek nie geken het nie, het ek ondersoek.
17. En ek het die tande van die kwaaddoener stukkend gebreek en die buit uit sy gebit geslinger.
18. So het ek dan gedink: By my nes sal ek die asem uitblaas, en soos die feniks my dae vermenigvuldig.
19. My wortel staan oop na die water toe, en dou vernag op my tak.
20. My eer is altyd nuut by my, en my boog bly jonk in my hand.
21. Na my het hulle geluister vol verwagting, en hulle het stil my raad aangehoor.
22. Ná my woorde het hulle nie weer gespreek nie, en my rede het op hulle gedrup.
23. En hulle het op my gewag soos op reën, en hulle mond wyd oopgemaak soos vir lentereëns.
24. Ek het hulle toegelag as hulle moedeloos was, en hulle kon die lig van my gesig nie verdonker nie.
25. Het ek die weg na hulle toe gekies, dan sit ek as voorman en woon soos ‘n koning onder die skare, soos een wat treuriges vertroos.
About Job Chapter 29
Read Job Chapter 29 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Job
Chapter: 29
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Job Chapter 29 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Job Chapter 29?
Job Chapter 29 is part of the Book of Job in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Job Chapter 29 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Job
Explore More from Ou Testament
- Numeri Chapter 33
- Josua Chapter 4
- Sagaria Chapter 3
- Numeri Chapter 23
- Psalms Chapter 122
- Sefanja Chapter 2
- Eksodus Chapter 15