Read Psalms Chapter 135 Online
Read Psalms Chapter 135 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 135
Hoofstuk 135
1. Halleluja! Prys die Naam van die HERE! Prys, o knegte van die HERE,
2. wat staan in die huis van die HERE, in die voorhowe van die huis van onse God!
3. Loof die HERE, want die HERE is goed; psalmsing tot eer van sy Naam, want dié is lieflik!
4. Want die HERE het Jakob vir Hom uitverkies, Israel as sy eiendom.
5. Waarlik, ék weet dat die HERE groot en onse Here bo alle gode is.
6. Alles wat die HERE behaag, doen Hy, in die hemel en op die aarde, in die seë en al die dieptes.
7. Hy wat die dampe laat opgaan van die einde van die aarde af, bliksemstrale by die reën maak, die wind uit sy skatkamers laat uitgaan;
8. wat die eersgeborenes van Egipte getref het, van mense sowel as van vee;
9. wat tekens en wonders gestuur het binne-in jou, o Egipte, teen Farao en teen al sy knegte;
10. wat baie nasies verslaan het en magtige konings gedood het:
11. Sihon, die koning van die Amoriete, en Og, die koning van Basan, en al die koninkryke van Kanaän,
12. en hulle land as erfdeel gegee het, as erfdeel aan Israel, sy volk.
13. o HERE, u Naam is tot in ewigheid, u gedenknaam, HERE, van geslag tot geslag!
14. Want die HERE sal aan sy volk reg doen en medelyde hê met sy knegte.
15. Die afgode van die heidene is silwer en goud, ‘n werk van mensehande.
16. Hulle het ‘n mond, maar praat nie; hulle het oë, maar sien nie;
17. ore het hulle, maar hoor nie; ook is daar geen asem in hulle mond nie.
18. Die wat hulle maak, sal net soos hulle word—elkeen wat op hulle vertrou.
19. Huis van Israel, loof die HERE! Huis van Aäron, loof die HERE!
20. Huis van Levi, loof die HERE! Julle wat die HERE vrees, loof die HERE!
21. Geloofd sy die HERE uit Sion, Hy wat in Jerusalem woon! Halleluja!
About Psalms Chapter 135
Read Psalms Chapter 135 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 135
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 135 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 135?
Psalms Chapter 135 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 135 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 25
- Jesaja Chapter 9
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 7
- Psalms Chapter 112
- Psalms Chapter 83
- Psalms Chapter 123
- Psalms Chapter 144
- Psalms Chapter 32
- Psalms Chapter 52