For English

Read Job Chapter 30 Online

Read Job Chapter 30 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 30

Hoofstuk 30

1. En nou lag hulle wat jonger is as ek, my uit—mense wie se vaders ek te min geag het om by my herdershonde te sit.

2. Wat sou die krag van hulle hande my ook baat? Die frisse lewenskrag het by hulle verlore gegaan.

3. Hulle is uitgeput deur gebrek en honger, hulle wat die dor land afknaag in die donkerheid van woestheid en verwoesting;

4. hulle wat die soutkruid afpluk by die bossies, en die besemboswortel is hulle brood.

5. Uit die samelewing word hulle weggejaag; die mense skreeu oor hulle soos oor ‘n dief.

6. In die afgryslike klowe moet hulle woon, in gate in die grond en in rotse.

7. Tussen die bossies skreeu hulle, onder brandnekels kruip hulle bymekaar—

8. dwase, ja, eerlose mense wat met ‘n sweep uit die land geslaan word.

9. En nou het ek hulle spotlied geword en die onderwerp van hulle gepraat.

10. Hulle het ‘n afsku van my, staan op ‘n afstand van my af en ontsien nie om my in die gesig te spuug nie.

11. Want Hy het my boogsnaar losgemaak en my verneder; so het hulle dan teenoor my die teuel laat skiet.

12. Aan die regterhand staan die gespuis op; hulle stoot my voete weg en gooi hul onheilspaaie teen my op.

13. My pad verniel hulle, hulle help om my te laat val sonder dat hulle self ‘n helper het.

14. Soos deur ‘n wye bres kom hulle; te midde van die puinhope kom hulle aanrol.

15. Verskrikkinge is teen my gerig; hulle vervolg my hoogheid soos die wind, en soos ‘n wolk het my geluk verbygegaan.

16. Daarom stort my siel hom nou uit in my; dae van ellende hou my vas.

17. Die nag deurboor my gebeente, en dit val van my af; en my knaende pyne rus nooit nie.

18. Deur goddelike oormag is my kleed ontredder; soos die kraag van my lyfrok omspan dit my.

19. Hy het my in die modder gewerp, en ek het soos stof en as geword.

20. Ek roep U aan om hulp, maar U antwoord my nie; ek staan daar, en U staar my aan.

21. U is jeens my verander in ‘n onbarmhartige; deur die sterkte van u hand behandel U my as vyand.

22. U hef my op die wind, laat my daarop ry; en U laat my vergaan in stormgedruis.

23. Want ek weet: U wil my na die dood toe bring en na die huis waar al wat lewe, saamkom.

24. Maar sal iemand by die ineenstorting nie nog die hand uitsteek of by sy ondergang om dié rede om hulp roep nie?

25. Of het ek nie geween oor hom wat harde dae het nie? Was my siel nie bekommerd oor die behoeftige nie?

26. Want ek het op die goeie gehoop, en onheil het gekom; en ek het gewag op lig, en donkerheid het gekom.

27. My ingewande kook sonder ophou; dae van ellende het my teëgekom.

28. Ek gaan daarheen in die rou, sonder son; ek staan op in die vergadering, ek roep om hulp.

29. Ek het ‘n broer geword vir die jakkalse en ‘n vriend vir die volstruise.

30. My vel het swart geword en val van my af, en my gebeente gloei van hitte.

31. So het dan my siter ‘n rouklag geword en my fluit ‘n stem van die wat ween.

About Job Chapter 30

Read Job Chapter 30 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 30
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 30 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 30?

Job Chapter 30 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 30 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Job Chapter 25
  2. Job Chapter 40
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 11
  5. Job Chapter 7
  6. Job Chapter 3
  7. Job Chapter 33

Explore More from Ou Testament

  1. Hooglied Chapter 4
  2. Spreuke Chapter 19
  3. Jeremia Chapter 43
  4. Job Chapter 39
  5. Jesaja Chapter 22
  6. Job Chapter 20
  7. Psalms Chapter 136

Related Chapters & Readings

  1. Handelinge Chapter 22
  2. Eksodus Chapter 38
  3. Genesis Chapter 6
  4. 1 Samuel Chapter 13
  5. Josua Chapter 4
  6. Kolossense Chapter 3
  7. Johannes Chapter 12
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *