For English

Read Job Chapter 13 Online

Read Job Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 13

Hoofstuk 13

1. Kyk, alles het my oog gesien, my oor gehoor en opgemerk.

2. Wat julle weet, weet ek ook: ek staan nie vir julle terug nie.

3. Maar ék sal met die Almagtige spreek, en ek verlang om te pleit by God.

4. Maar julle pleister met leuens, kwaksalwers is julle almal.

5. Ag, as julle maar heeltemal sou swyg—dan sou dit vir julle wysheid wees!

6. Hoor tog na my verantwoording, en luister na die aanvalle van my lippe.

7. Wil julle, tot verdediging van God, onreg spreek en ten behoewe van Hom bedrog laat hoor?

8. Wil julle vir Hom partydig wees? Of wil julle vir God pleit?

9. Sal dit goed wees as Hy julle ondersoek? Of wil julle Hom bedrieg soos ‘n mens bedrieg word?

10. Hy sal julle sekerlik straf as julle in die geheim partydig is.

11. Sal sy hoogheid julle nie verskrik nie, en die skrik vir Hom julle nie oorval nie?

12. Julle kernspreuke is spreuke van as, julle skanse word skanse van klei.

13. Laat my met rus; dan wil ék spreek; laat dan oor my kom wat wil.

14. Waarom sou ek my vlees in my tande neem en my lewe neerlê in my hand?

15. Kyk, al wil Hy my ombring—ek hoop op Hom; ek sal tog my wandel voor sy aangesig bepleit.

16. Ook is dit my tot heil dat ‘n goddelose voor sy aangesig nie sal kom nie.

17. Luister goed na my rede en gee gehoor aan my verklaring.

18. Kyk tog, ek dra die regsaak voor; ek weet dat ék reg sal hê.

19. Wie durf my dan bestry? Ja, dan sou ek swyg en sterwe.

20. Moet my net twee dinge nie aandoen nie, dan sal ek my vir u aangesig nie verberg nie:

21. trek u hand weg van my af, en laat die skrik vir U my nie beangstig nie.

22. Klaag dan maar aan, en ék sal antwoord; of ek sal spreek, en gee U my antwoord.

23. Hoeveel is my ongeregtighede en sondes; maak my my oortreding en sonde bekend.

24. Waarom verberg U u aangesig en hou my vir ‘n vyand van U?

25. Wil U ‘n verwaaide blaar skrik aanja en die droë stoppel agtervolg,

26. dat U bitter dinge oor my beskik en my die ongeregtighede van my jeug laat erwe,

27. en dat U my voete in die blok sit en al my paaie bewaak? U trek vir U ‘n streep om die sole van my voete;

28. en dít iemand wat verval soos hout wat weggevreet is, soos ‘n kleed wat die mot verteer.

About Job Chapter 13

Read Job Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 13
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 13 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 13?

Job Chapter 13 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 13 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 42
  7. Job Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. Psalms Chapter 36
  2. Deuteronomium Chapter 6
  3. Levitikus Chapter 3
  4. Numeri Chapter 2
  5. Esegiël Chapter 31
  6. 1 Konings Chapter 1
  7. Rigters Chapter 18

Related Chapters & Readings

  1. Spreuke Chapter 21
  2. Psalms Chapter 47
  3. Esegiël Chapter 13
  4. Ester Chapter 2
  5. Psalms Chapter 86
  6. Eksodus Chapter 35
  7. Johannes Chapter 20
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *