Spreuke Chapter 20

For English

Read Spreuke Chapter 20 Online

Read Spreuke Chapter 20 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Spreuke 20

Hoofstuk 20

1. Die wyn is ‘n spotter, en sterk drank ‘n lawaaimaker; en elkeen wat daardeur bedwelmd raak, is nie wys nie.

2. Die dreiging van die koning is soos die gebrom van ‘n jong leeu; wie hom vertoorn, verbeur sy lewe.

3. Dit is ‘n eer vir ‘n man om van twis weg te bly, maar elke sot breek los.

4. In die herfs ploeg die luiaard nie; en verlang hy iets in die oestyd, dan is daar niks nie.

5. Die raad in die hart van ‘n man mag diep waters wees, ‘n man van verstand sal dit tog uitskep.

6. Baie mense roem hulle eie welwillendheid, maar wie vind ‘n betroubare man?

7. Wie in sy regskapenheid wandel as ‘n regverdige—gelukkig is sy kinders ná hom.

8. ‘n Koning wat op die regterstoel sit, wan met sy oë alles uit wat sleg is.

9. Wie kan sê: Ek het my hart suiwer gehou, ek is rein van my sonde?

10. Twee soorte gewig, twee soorte maat—hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel.

11. Die seun laat hom alreeds aan sy handelinge ken, of sy handelwyse suiwer en of dit reg is.

12. ‘n Oor wat hoor, en ‘n oog wat sien—die HERE het hulle altwee gemaak.

13. Moenie die slaap liefhê, sodat jy arm word nie; maak jou oë oop, dat jy jou met brood kan versadig.

14. Sleg, sleg! sê die koper; maar as hy wegloop, beroem hy hom.

15. Daar is goud en ‘n menigte korale, maar ‘n kosbare sieraad is die lippe van kennis.

16. Neem sy kleed weg, want hy het vir ‘n ander borg gestaan, en neem hom as pand vir die vreemdes.

17. Soet is vir ‘n mens die brood van bedrog, maar daarna word sy mond vol gruisklippertjies.

18. Planne kom deur beraadslaging tot stand; voer dan oorlog met goeie oorleg.

19. Wie met kwaadsprekery omgaan, maak ‘n geheim openbaar; laat jou dus nie in met een wat sy lippe laat oopstaan nie.

20. Wie sy vader of sy moeder vloek, sy lamp gaan in pikdonker dood.

21. ‘n Besit wat by die begin haastig bymekaargeskraap is—die einde daarvan sal tog nie geseënd wees nie.

22. Moenie sê: Ek wil die kwaad vergelde nie! Wag op die HERE, dat Hy jou help.

23. Twee soorte gewig is vir die HERE ‘n gruwel, en ‘n valse weegskaal is nie goed nie.

24. Die voetstappe van ‘n man hang van die HERE af: hoe sou ‘n mens dan sy weg verstaan?

25. Dit is vir die mens ‘n strik dat hy onbedagsaam sê: Heilig! om dan eers ná die geloftes te oorweeg.

26. ‘n Wyse koning wan die goddelose uit en laat die dorswiel oor hulle draai.

27. Die gees van die mens is ‘n lamp van die HERE, dit deursoek al die kamers van die binneste.

28. Liefde en trou behoed die koning, en deur liefde stut hy sy troon.

29. Die sieraad van die jongmanne is hulle krag, en die versiersel van grysaards is grys hare.

30. Bloedige wonde suiwer die kwaad uit en slae die kamers van die binneste.

About Spreuke Chapter 20

Read Spreuke Chapter 20 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Spreuke
Chapter: 20
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Spreuke Chapter 20 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Spreuke Chapter 20?

Spreuke Chapter 20 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 20 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 12

Explore More from spreuke

  1. Spreuke Chapter 11
  2. Spreuke Chapter 23
  3. Spreuke Chapter 21
  4. Spreuke Chapter 14
  5. Spreuke Chapter 31
  6. Spreuke Chapter 28
  7. Spreuke Chapter 10

Related Chapters & Readings

  1. 1 Korintiërs Chapter 9
  2. Job Chapter 10
  3. Psalms Chapter 117
  4. Jeremia Chapter 1
  5. 2 Kronieke Chapter 16
  6. Levitikus Chapter 12
  7. Esra Chapter 7
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *