For English

Read Job Chapter 37 Online

Read Job Chapter 37 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 37

Hoofstuk 37

1. Ja, hiervoor beef my hart en spring op uit sy plek.

2. Luister, luister na die gedruis van sy stem en die dreuning wat uit sy mond uitgaan.

3. Onder die ganse hemel laat Hy dit los en sy lig oor die eindes van die aarde.

4. Daarna brul sy stem, Hy donder met sy stem vol majesteit en hou die bliksems nie terug as sy stem gehoor word nie.

5. God donder wonderbaar met sy stem; Hy doen groot dinge wat vir ons onbegryplik is.

6. Want Hy gebied die sneeu: Val op die aarde! Ook die stortreën, ja, sy geweldige stortreëns.

7. Hy verseël die hand van elke mens in die winter, sodat tot kennis kan kom al die mense wat Hy gemaak het.

8. Dan gaan die wilde diere in skuilhoeke en bly in hulle lêplekke.

9. Uit sy kamer kom die stormwind, en deur die wolkverstrooiers koue.

10. Deur die asem van God word ys gegee, en die wye waters lê vas in die engte.

11. Ja, met volheid van water belas Hy die wolke, en Hy strooi ver en wyd sy ligtende wolk;

12. en dit skiet oral rond volgens sy bestel, sodat hulle alles doen wat Hy hulle beveel oor die wye wêreldrond:

13. óf tot ‘n tugroede, óf tot nut van sy aarde, óf tot weldadigheid laat Hy dit sy doel vind.

14. Luister hierna, o Job! Staan stil en gee ag op die wonders van God.

15. Begryp u hoe God hulle bevel gee en die lig van sy wolk laat flikker?

16. Begryp u iets van die gesweef van die wolke, van die wonders van die Volmaakte in kennis?

17. U, wie se klere warm word as die aarde stil is vanweë die suidewind—

18. kan u saam met Hom die hemel uitbrei wat vas is soos ‘n gegote spieël?

19. Onderrig ons wat ons aan Hom moet sê: ons kan niks voorbring vanweë die duisternis nie.

20. Moet dit Hom vertel word dat ek wil spreek? Of het iemand ooit gesê dat hy vernietig wil word?

21. En nou, ‘n mens kan die lig nie aansien wat helder is in die hemel as die wind verbygegaan en dit skoongemaak het nie.

22. Uit die Noorde kom goud te voorskyn, maar oor God is daar ontsagwekkende majesteit.

23. Die Almagtige—ons vind Hom nie; Hy is groot van krag, maar die reg en die volheid van geregtigheid krenk Hy nie.

24. Daarom vrees die mense Hom; almal wat eiewys is, sien Hy nie aan nie.

About Job Chapter 37

Read Job Chapter 37 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 37
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 37 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 37?

Job Chapter 37 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 37 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Job Chapter 25
  2. Job Chapter 40
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 11
  5. Job Chapter 7
  6. Job Chapter 3
  7. Job Chapter 33

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Kronieke Chapter 8
  2. 1 Kronieke Chapter 1
  3. Jeremia Chapter 26
  4. Jeremia Chapter 45
  5. Psalms Chapter 100
  6. 1 Kronieke Chapter 8
  7. 2 Konings Chapter 21

Related Chapters & Readings

  1. Jeremia Chapter 36
  2. Levitikus Chapter 3
  3. Hooglied Chapter 8
  4. Openbaring Chapter 15
  5. Handelinge Chapter 24
  6. Jeremia Chapter 24
  7. 1 Samuel Chapter 18
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *