Read Job Chapter 12 Online
Read Job Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Job 12
Hoofstuk 12
1. Maar Job het geantwoord en gesê:
2. Waarlik, ja, julle is die regte mense, en saam met julle sterf die wysheid uit!
3. Ook ek het verstand soos julle; ek staan nie vir julle terug nie; en wie weet sulke dinge nie?
4. Ek moet ‘n belagging wees vir my vriend, ek wat God aangeroep en verhoring gevind het—’n belagging is die regverdige, die opregte!
5. Vir die ongeluk is daar veragting volgens die gedagte van hom wat lekker lewe; dit staan klaar vir hulle wie se voet wankel.
6. Rustig staan die tente van die verwoesters, en sekerheid is die deel van hulle wat God vertoorn, van hom wat sy god in sy hand dra.
7. Maar vra tog vir die diere, dat hulle jou leer; en die voëls van die hemel, dat hulle jou te kenne gee;
8. of spreek die aarde aan, dat dit jou leer, en laat die visse van die see jou vertel.
9. Wie weet nie deur al hierdie dinge dat die hand van die HERE dit gemaak het nie?
10. In wie se hand die siel is van alles wat leef, en die gees van alle menslike vlees.
11. Moet die oor nie woorde toets soos die verhemelte spys proe nie?
12. By die grysaards is wysheid, en in lengte van dae is verstand.
13. By Hóm is wysheid en mag; Hy het raad en verstand.
14. Kyk, Hy breek af, en daar word nie opgebou nie; Hy sluit ‘n man as gevangene op, en daar word nie oopgemaak nie.
15. Kyk, Hy hou die waters terug, en hulle verdroog; ook laat Hy hulle los, en hulle keer die aarde om.
16. By Hóm is krag en beleid; syne is die verdwaalde en hy wat laat dwaal.
17. Hy voer raadsmanne uitgeplunder weg, en regters maak Hy tot dwase.
18. Hy maak die band los waar konings mee bind, en bind ‘n lyfdoek om hulle heupe.
19. Hy voer priesters uitgeplunder weg en bring wie vasstaan, tot ‘n val.
20. Hy neem die spraak van die betroubare mense weg en beroof die ou mense van hul oordeel.
21. Hy stort veragting uit oor die edeles en maak die gordel van die magtiges slap.
22. Hy openbaar dieptes uit die duisternis uit, en doodskaduwee bring Hy uit in die lig.
23. Hy maak nasies groot en laat hulle omkom; Hy brei nasies uit en voer hulle weg.
24. Hy neem die verstand weg van die volkshoofde van die land en laat hulle ronddwaal in ‘n wildernis, sonder pad.
25. Hulle tas in die duisternis, sonder lig; en Hy laat hulle ronddwaal soos ‘n dronk man.
About Job Chapter 12
Read Job Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Job
Chapter: 12
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Job Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Job Chapter 12?
Job Chapter 12 is part of the Book of Job in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Job Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Job
Explore More from Ou Testament
- Esegiël Chapter 13
- Levitikus Chapter 14
- Rigters Chapter 15
- 2 Samuel Chapter 6
- Miga Chapter 2
- Psalms Chapter 121
- Josua Chapter 14