For English

Read Job Chapter 34 Online

Read Job Chapter 34 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 34

Hoofstuk 34

1. Verder het Elíhu aangehef en gesê:

2. Hoor my woorde, o wyse manne! En luister na my, u wat kennis het!

3. Want die oor toets woorde soos die verhemelte die spys proe.

4. Laat ons vir onsself uitmaak wat reg is, en onder mekaar uitvind wat goed is.

5. Want Job het gesê: Ek is regverdig, en God het my my reg ontneem.

6. Ondanks my reg staan ek as leuenaar; ongeneeslik is my pylwond, en dit sonder oortreding!

7. Waar is ‘n man soos Job wat godslastering drink soos water?

8. Wat in die geselskap loop van die werkers van ongeregtigheid en wandel saam met goddelose mense?

9. Want hy het gesê: Dit baat ‘n man niks dat hy ‘n welgevalle aan God het nie.

10. Daarom, manne van verstand, luister na my: Ver is God van goddeloosheid en die Almagtige van onreg!

11. Veelmeer vergeld Hy die mens na sy werk, en volgens ‘n man se wandel laat Hy hom ondervind.

12. Ja waarlik, God handel nie onregverdig nie, en die Almagtige verdraai nie die reg nie.

13. Wie het aan Hom die aarde toevertrou, en wie het die hele wêreld gegrond?

14. As Hy op Homself ag sou gee, sy Gees en sy asem na Hom sou terugtrek,

15. dan sou alle vlees tesame die asem uitblaas en die mens sou tot stof terugkeer.

16. As daar dan verstand by u is, hoor dit; luister na die stem van my woorde.

17. Kan ook een wat die reg haat, heers? Of durf u die Regverdige, die Geweldige, veroordeel?

18. Durf iemand aan ‘n koning sê: Jou deugniet! Aan die edeles: Jou goddelose!

19. Hoeveel minder aan Hom wat die vorste nie voortrek nie en op die vername nie meer ag gee as op die arme nie; want hulle almal is die werk van sy hande.

20. In ‘n oomblik sterf hulle, en in die middel van die nag word ‘n volk in beroering gebring en hulle gaan onder, en die magtige word weggedryf—nie deur ‘n hand nie.

21. Want sy oë is op die weë van die mens, en Hy sien al sy voetstappe.

22. Daar is geen duisternis en daar is geen diepe donkerheid waarin die werkers van ongeregtigheid hulle kan wegsteek nie.

23. Want Hy hoef nie lank op ‘n mens ag te gee, dat hy voor God in die gereg sou gaan nie.

24. Hy verpletter die geweldiges sonder ondersoek en sit ander in hulle plek.

25. So ken Hy dan hulle werke en werp hulle omver in die nag, sodat hulle verbrysel word.

26. Hy straf hulle soos goddelose op die plek waar almal dit sien,

27. omdat hulle van Hom afgewyk en op geeneen van sy weë ag gegee het nie—

28. om die geroep van die arme na Hom te laat kom, en dat Hy die geroep van die ellendiges sou hoor.

29. En gee Hy rus, wie durf Hom dan veroordeel? En verberg Hy die aangesig, wie kan Hom dan aanskou? —of dit al ‘n nasie betref of ‘n mens, almal saam;

30. sodat die goddelose mense nie sal regeer, sodat hulle geen strikke vir die volk sal wees nie.

31. Want sê iemand wel tot Gód: Ek boet sonder dat ek sleg handel;

32. wat ek nie insien nie, leer U my dit; ás ek onreg gedoen het, ek sal dit nie meer doen nie—

33. moet Hy volgens u mening tog vergelding doen? U is mos ontevrede, sodat ú moet sê wat beter is, en nie ek nie! Wat u dan weet—spreek dit uit!

34. Manne van verstand sal vir my sê, en ‘n wyse man wat my aanhoor:

35. Job spreek sonder kennis, en sy woorde is sonder verstand.

36. Ag, mag Job getoets word tot die einde toe weens die antwoorde in die trant van kwaaddoeners.

37. Want hy voeg ‘n oortreding by sy sonde; onder ons spreek hy smadelik en vermenigvuldig sy woorde teen God.

About Job Chapter 34

Read Job Chapter 34 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 34
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 34 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 34?

Job Chapter 34 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 34 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 42
  7. Job Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. Eksodus Chapter 28
  2. Job Chapter 38
  3. Deuteronomium Chapter 8
  4. Jesaja Chapter 13
  5. Psalms Chapter 80
  6. Job Chapter 39
  7. Eksodus Chapter 33

Related Chapters & Readings

  1. Openbaring Chapter 2
  2. Jesaja Chapter 2
  3. Rigters Chapter 17
  4. Rigters Chapter 4
  5. 1 Samuel Chapter 12
  6. Jesaja Chapter 53
  7. 2 Kronieke Chapter 10
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *