For English

Read Job Chapter 6 Online

Read Job Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 6

Hoofstuk 6

1. Maar Job het geantwoord en gesê:

2. Ag, was my verdriet maar goed geweeg en my ongeluk meteens in ‘n skaal opgehef!

3. Ja, dan sou dit swaarder wees as die sand van die see; daarom is my woorde onbedagsaam.

4. Want die pyle van die Almagtige is in my, waarvan my gees die gif indrink; die verskrikkinge van God stel hulle teen my op.

5. Balk die wilde-esel by die grasspruitjies? Of bulk ‘n bees by sy voer?

6. Word iets wat laf is, sonder sout geëet? Of is daar smaak in die wit van ‘n eier?

7. My siel weier om dit aan te raak; dit is net soos my walglike spys.

8. Ag, mag my bede maar uitkom, en mag God my verwagting maar gee!

9. En mag dit God behaag om my te verpletter, sy hand uit te strek en my af te sny!

10. Dan sou ek nog troos hê; ja, ek sou van vreugde opspring in onbarmhartige smart; want die woorde van die Heilige het ek nie verloën nie.

11. Wat is my krag, dat ek sou kan wag; en wat my uiteinde, dat ek geduldig sou wees?

12. Is my krag ‘n krag van klip of my vlees van koper?

13. Is ek dan nie hulpeloos in myself nie, en is redding nie vir my weggedrywe nie?

14. Vir die moedelose moet daar liefde wees van die kant van sy vriend, ook al laat hy die vrees vir die Almagtige vaar.

15. My broers het troueloos gehandel soos ‘n spruit, soos die bedding van spruite wat wegloop,

16. wat troebel is vanweë die ys, waarin die sneeu hom verberg—

17. in die tyd van gloeihitte verdwyn hulle; as dit warm word, droog hulle op uit hul plek.

18. Die paaie van hulle loop kronkelend weg en gaan heen in die wildernis en vergaan.

19. Die karavane van Tema het uitgekyk, die reisigers van Skeba het daarop gewag.

20. Hulle het beskaamd gestaan in hul vertroue; hulle het daarby gekom en was teleurgesteld.

21. So het julle dan vir my niks geword nie: julle sien verskrikking, en julle het gevrees.

22. Het ek dan gesê: Gee my iets? Of: Bring vir my ‘n omkoopgeskenk uit julle vermoë?

23. Of: Red my uit die hand van die teëstander? Of: Verlos my uit die hand van tiranne?

24. Onderrig my, en ék sal swyg; en maak my duidelik waarin ek my misgaan het.

25. Hoe kragtig is opregte woorde, maar wat rig ‘n bestraffing uit, van julle afkomstig?

26. Dink julle om woorde te bestraf? Maar die woorde van ‘n wanhopige is vir die wind!

27. Ja, julle sou ‘n wees uitloot en julle vriend verhandel.

28. Maar nou, kyk my asseblief aan: ek sal julle waarlik nie in jul gesig belieg nie.

29. Keer tog terug—laat daar geen onreg wees nie! Ja, keer terug—nóg is my geregtigheid daar.

30. Is daar onreg op my tong? Of kan my verhemelte nie die onheile onderskei nie?

About Job Chapter 6

Read Job Chapter 6 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 6
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 6 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 6?

Job Chapter 6 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 6 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 5
  6. Job Chapter 41
  7. Job Chapter 42

Explore More from Ou Testament

  1. Job Chapter 26
  2. Hosea Chapter 9
  3. Esegiël Chapter 39
  4. Jesaja Chapter 55
  5. Esegiël Chapter 13
  6. Spreuke Chapter 3
  7. Esegiël Chapter 43

Related Chapters & Readings

  1. 1 Kronieke Chapter 4
  2. Job Chapter 22
  3. Psalms Chapter 105
  4. 1 Kronieke Chapter 14
  5. 2 Samuel Chapter 3
  6. Maleagi Chapter 4
  7. Esegiël Chapter 3
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *