For English

Read Job Chapter 31 Online

Read Job Chapter 31 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Job and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Job 31

Hoofstuk 31

1. Ek het ‘n verbond gesluit met my oë: hoe sou ek dan ag gegee het op ‘n jonkvrou?

2. Wat tog is die lot wat God daarbo beskik, en die erfdeel van die Almagtige uit die hoogtes—

3. is dit nie ondergang vir die kwaaddoener en ongeluk vir die werkers van ongeregtigheid nie?

4. Sien Hy nie my weë nie, en tel Hy nie al my voetstappe nie?

5. As ek met leuens omgegaan het en my voet gehardloop het na bedrog:

6. laat Hy my dan weeg op ‘n regte weegskaal, sodat God my onskuld kan weet!

7. As my gang afgewyk het van die weg en my hart agter my oë aangegaan het en aan my hande ‘n vlek gekleef het—

8. laat my dan saai en iemand anders eet, en laat my uitspruitsels ontwortel word.

9. As my hart verlok was oor ‘n vrou, en ek geloer het by die deur van my naaste—

10. laat dan my vrou vir iemand anders maal en ander hulle oor haar buig.

11. Want dit is ‘n skandelike daad, en dit is ‘n strafbare misdaad.

12. Ja, dit is ‘n vuur wat tot by die plek van vertering toe vreet en al my opbrings sou ontwortel.

13. As ek gering geag het die reg van my slaaf of van my slavin toe hulle ‘n geskil met my gehad het—

14. wat sou ek dan doen as God opstaan? En wat Hom antwoord as Hy ondersoek doen?

15. Het Hy wat my in die moederskoot gemaak het, hom nie gemaak nie? En het Een ons nie in die geboorte toeberei nie?

16. As ek die armes ‘n versoek geweier het en die oë van die weduwee laat versmag het

17. en my stukkie brood alleen geëet het sonder om die wees daarvan te laat saameet;

18. (veelmeer het hy van my jeug af by my grootgeword soos by ‘n vader, en van my moeder se skoot af het ek haar gelei!)

19. as ek iemand sien omkom het sonder klere en dat daar geen bedekking vir die behoeftige was nie;

20. as sy lendene my nie geseën en hy hom nie warm gemaak het van die skeersel van my lammers nie;

21. as ek my hand teen ‘n wees beweeg het, omdat ek in die poort vir my hulp gesien het—

22. laat dan my skouer uit sy gewrig val en my arm van sy pyp afgebreek word.

23. Want die ondergang wat God bewerk, was ‘n skrik vir my; en weens sy hoogheid was ek onmagtig.

24. As ek op goud my hoop gestel het en vir die fyn goud gesê het: My vertroue!

25. As ek bly gewees het, omdat my vermoë groot was en my hand baie verwerf het;

26. as ek die sonlig aangesien het wanneer dit helder skyn en die maan wat so pragtig daarheen gaan,

27. en my hart heimlik verlei is, en ek met my hand hulle ‘n kus toegewerp het—

28. ook dit sou ‘n strafbare misdaad wees, want ek sou God daarbo verloën het.

29. As ek bly was oor die ongeluk van my hater en uitgejubel het toe onheil hom getref het;

30. (ja, ek het my verhemelte nie toegelaat om te sondig nie, om deur ‘n vloek sy lewe te vorder nie!)

31. as die mense in my tent nie gesê het: Wie kan iemand vind wat van sy vleesspys nie versadig is nie?

32. (die vreemdeling het nie buitekant vernag nie; my deure het ek oopgemaak na die pad toe!)

33. as ek, soos Adam, my oortredinge bedek het deur my ongeregtigheid in my boesem weg te steek,

34. omdat ek bang was vir die groot menigte en die veragting van die geslagte my laat skrik het, sodat ek my stil gehou, die deur nie uitgegaan het nie!

35. Ag, as iemand my maar wou aanhoor! Kyk hier my handtekening (laat die Almagtige my antwoord!) en die skrif wat my teëparty geskrywe het!

36. Waarlik, op my skouer sou ek dit dra; ek sou dit my ombind as ‘n krans.

37. Die getal van my voetstappe sou ek Hom te kenne gee; as ‘n vors sou ek na Hom toe aankom.

38. As my saailand my aanklaag en sy vore almal saam ween;

39. as ek sy opbrings geëet het sonder betaling en die lewe van sy eienaars uitgeblaas het—

40. laat dan distels in plaas van koring uitspruit en onkruid in plaas van gars. Hier eindig die woorde van Job.

About Job Chapter 31

Read Job Chapter 31 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Job in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Job
Chapter: 31
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Job. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Job Chapter 31 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Job Chapter 31?

Job Chapter 31 is part of the Book of Job in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Job Chapter 31 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Job

  1. Jób Chapter 3
  2. Job Chapter 39
  3. Job Chapter 28
  4. Job Chapter 25
  5. Job Chapter 41
  6. Job Chapter 42
  7. Job Chapter 5

Explore More from Ou Testament

  1. 1 Kronieke Chapter 6
  2. Psalms Chapter 142
  3. Jeremia Chapter 32
  4. 2 Kronieke Chapter 27
  5. Hosea Chapter 3
  6. Genesis Chapter 10
  7. Levitikus Chapter 10

Related Chapters & Readings

  1. Sagaria Chapter 1
  2. Levitikus Chapter 15
  3. Job Chapter 32
  4. Josua Chapter 4
  5. Psalms Chapter 54
  6. Sagaria Chapter 7
  7. Esegiël Chapter 26
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *