Genesis Chapter 12

For English

Read Genesis Chapter 12 Online

Read Genesis Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Genesis and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Genesis 12

Hoofstuk 12

1. En die HERE het aan Abram gesê: Gaan jy uit jou land en uit jou familie en uit jou vader se huis, na die land wat Ek jou sal wys.

2. En Ek sal jou ‘n groot nasie maak en jou seën en jou naam so groot maak, dat jy ‘n seën sal wees.

3. En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.

4. Toe het Abram weggetrek soos die HERE hom gesê het, en Lot het saam met hom getrek. En Abram was vyf en sewentig jaar oud by sy vertrek uit Haran.

5. En Abram het Sarai, sy vrou, en Lot, sy broerskind, geneem en al hulle besittings wat hulle bymekaargemaak en die slawe wat hulle in Haran verwerf het, en hulle het uitgetrek om na die land Kanaän te gaan en in die land Kanaän gekom.

6. En Abram het deur die land getrek na die plek Sigem, tot by die terpentynboom More. Die Kanaäniete was toe in die land.

7. Daarop verskyn die HERE aan Abram en sê: Aan jou nageslag sal Ek hierdie land gee. Toe bou hy daar ‘n altaar vir die HERE wat aan hom verskyn het.

8. En daarvandaan het hy verder versit na die gebergte oos van Bet-el en sy tent opgeslaan tussen Bet-el aan die weste— en Ai aan die oostekant, en daar vir die HERE ‘n altaar gebou en die Naam van die HERE aangeroep.

9. Daarna het Abram al verder na die Suidland weggetrek.

10. En daar was hongersnood in die land, sodat Abram na Egipte afgetrek het om daar as vreemdeling te vertoef; want die hongersnood was swaar in die land.

11. En toe hy op die punt staan om Egipte in te trek, het hy met sy vrou Sarai gespreek: Kyk, ek weet dat jy ‘n vrou is mooi van aansien.

12. As die Egiptenaars jou nou sien, sal hulle sê: Dit is sy vrou en hulle sal my doodmaak en jou laat lewe.

13. Sê tog jy is my suster, dat dit met my goed kan gaan ter wille van jou en ek om jou ontwil in die lewe kan bly.

14. Toe Abram dan in Egipte gekom het, sien die Egiptenaars dat die vrou baie mooi was.

15. Ook het die vorste van Farao haar gesien en haar by Farao geprys. En die vrou is na die paleis van Farao geneem.

16. En hy het goed gedoen aan Abram om haar ontwil, sodat hy kleinvee en beeste en esels, slawe en slavinne, eselinne en kamele in besit gekry het.

17. Maar die HERE het Farao en sy huis met groot plae besoek ter wille van Sarai, die vrou van Abram.

18. Daarop laat Farao Abram roep en hy sê: Wat het jy my nou aangedoen? Waarom het jy my nie te kenne gegee dat sy jou vrou is nie?

19. Waarom het jy gesê: Sy is my suster—sodat ek haar vir my as vrou geneem het? Daar is jou vrou dan nou; neem haar en gaan weg.

20. En Farao het aan enkele manne aangaande hom bevel gegee, en hulle het hom weggebring met sy vrou en sy hele besitting.

About Genesis Chapter 12

Read Genesis Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Genesis
Chapter: 12
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Genesis. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Genesis Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Genesis Chapter 12?

Genesis Chapter 12 is part of the Book of Genesis in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Genesis Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Genesis

  1. Gênesis Chapter 12
  2. Gênesis Chapter 5
  3. Gênesis Chapter 40
  4. Gênesis Chapter 13
  5. Gênesis Chapter 15
  6. Genesis Chapter 1
  7. Gênesis Chapter 16

Explore More from Ou Testament

  1. Josua Chapter 19
  2. Deuteronomium Chapter 4
  3. Psalms Chapter 47
  4. Jesaja Chapter 30
  5. Josua Chapter 5
  6. Eksodus Chapter 4
  7. Psalms Chapter 26

Related Chapters & Readings

  1. Levitikus Chapter 10
  2. 1 Konings Chapter 5
  3. Jesaja Chapter 61
  4. Josua Chapter 23
  5. Johannes Chapter 3
  6. Psalms Chapter 83
  7. Spreuke Chapter 2
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *