Read 2 Samuel Chapter 16 Online
Read 2 Samuel Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Samuel and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Samuel 16
Hoofstuk 16
1. Nadat Dawid van die top af ‘n entjie verder getrek het, kom Siba, die dienaar van Mefibóset, meteens hom tegemoet met ‘n paar opgesaalde esels en op hulle twee honderd brode en honderd rosynekoeke en honderd somervrugte en ‘n sak wyn.
2. En die koning het Siba gevra: Wat wil jy hiermee maak? En Siba sê: Die esels is vir die huis van die koning om op te ry, en die brood en die somervrugte vir die dienaars om te eet, en die wyn vir die vermoeides in die woestyn om te drink.
3. En die koning vra: Maar waar is die seun van jou heer? En Siba sê vir die koning: Kyk, hy het daar in Jerusalem gebly, want hy dink: Vandag sal die huis van Israel my vader se koningskap aan my teruggee.
4. Daarop sê die koning vir Siba: Kyk, alles wat aan Mefibóset behoort, is joue. En Siba sê: Ek buig my neer! Mag ek genade vind in u oë, my heer die koning!
5. En toe koning Dawid tot by Bahúrim gekom het, kom daarvandaan juis ‘n man te voorskyn uit die geslag van die huis van Saul met die naam van Símeï, die seun van Gera; hy het uitgekom en gedurigdeur gevloek
6. en Dawid en al die dienaars van koning Dawid met klippe gegooi, alhoewel al die mense en al die helde aan sy regter— en aan sy linkerkant was.
7. En dit het Símeï gesê terwyl hy vloek: Weg, weg, jou bloedvergieter en jou deugniet!
8. Die HERE het al die bloed van die huis van Saul, in wie se plek jy koning geword het, op jou laat neerkom; en die HERE het die koningskap in die hand van jou seun Absalom gegee, en hier is jy nou in jou ongeluk, omdat jy ‘n bloedvergieter is.
9. Toe vra Abísai, die seun van Serúja, vir die koning: Waarom moet hierdie dooie hond my heer die koning vloek? Laat ek tog oorstap en sy kop afslaan!
10. Maar die koning sê: Wat het ek met julle te doen, seuns van Serúja? As hy vloek, en as die HERE aan hom gesê het: Vloek Dawid! wie mag dan vra: Waarom maak jy so?
11. Verder het Dawid aan Abísai en al sy dienaars gesê: Kyk, my seun wat uit my liggaam voortgekom het, soek my lewe: hoeveel te meer dan nou die Benjaminiet? Laat hom staan, dat hy vloek, want die HERE het hom dit beveel.
12. Miskien sal die HERE my ellende aansien en sal die HERE my goed vergelde vir die vloek wat my vandag tref.
13. Dawid en sy manne het toe met die pad getrek, terwyl Símeï al langs hom aan die kant van die berg gedurig loop en vloek, en al langs hom met klippe gooi en stof maak.
14. En moeg het die koning en al die mense wat by hom was, by die Jordaan aangekom en daar asem geskep.
15. Intussen het Absalom en al die manskappe, die manne van Israel, in Jerusalem aangekom, en Agitófel was by hom.
16. En net toe Húsai, die Arkiet, die vriend van Dawid, by Absalom kom, sê Húsai vir Absalom: Mag die koning leef, mag die koning leef!
17. Maar Absalom vra vir Húsai: Is dit jou liefde teenoor jou vriend? Waarom het jy nie saam met jou vriend getrek nie?
18. Toe sê Húsai vir Absalom: Nee, maar aan hom wat die HERE verkies, en hierdie volk en al die manne van Israel, aan hom behoort ek, en by hom sal ek bly.
19. En ten tweede: Wie sal ék dien? Is dit nie voor die aangesig van sy seun nie? Soos ek voor u vader gedien het, so sal ek voor u wees.
20. Daarop sê Absalom vir Agitófel: Julle moet raad gee onder mekaar wat ons moet doen.
21. En Agitófel sê vir Absalom: Gaan in by die byvroue van u vader wat hy laat agter bly het om die huis op te pas. Dan sal die hele Israel hoor dat u u gehaat gemaak het by u vader, en die hande van almal wat by u is, sal versterk word.
22. Hulle het toe vir Absalom ‘n tent op die dak opgeslaan, en Absalom het voor die oë van die hele Israel by die byvroue van sy vader ingegaan.
23. En die raad wat Agitófel in dié dae gegee het, was asof ‘n mens die woord van God geraadpleeg het. So was elke raad van Agitófel vir Dawid sowel as vir Absalom.
About 2 Samuel Chapter 16
Read 2 Samuel Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Samuel in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Samuel
Chapter: 16
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Samuel. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Samuel Chapter 16 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Samuel Chapter 16?
2 Samuel Chapter 16 is part of the Book of 2 Samuel in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Samuel Chapter 16 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2 Samuel
- 2 Samuel Chapter 1
- 2 Samuel Chapter 21
- 2 Samuel Chapter 11
- 2 Samuel Chapter 16
- 2 Samuel Chapter 17
- 2 Samuel Chapter 20
- 2 Samuel Chapter 13
Explore More from Ou Testament
- Jesaja Chapter 44
- Jesaja Chapter 13
- Job Chapter 4
- Sagaria Chapter 1
- Spreuke Chapter 17
- Psalms Chapter 23
- Psalms Chapter 89