For English

Read Amos Chapter 4 Online

Read Amos Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Amos in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Amos and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Amos 4

Hoofstuk 4

1. Hoor hierdie woord, koeie van Basan, wat op die gebergte van Samaría is! Wat die armes verdruk, die behoeftiges hard behandel; wat aan hulle here sê: Bring aan en laat ons drink!

2. Die Here HERE het gesweer by sy heiligheid: Kyk, daar sal dae oor julle kom dat hulle julle met hake sal optrek en die wat van julle oor is, met vishoeke.

3. En julle sal deur bresse in die muur uittrek, elkeen sonder om weg te kyk, en julle sal weggewerp word na Harmon, spreek die Here HERE.

4. Kom na Bet-el, en sondig! Na Gilgal, sondig nog meer! En bring julle slagoffers in die môre en julle tiendes al om die derde dag.

5. En laat van wat gesuurd is, ‘n lofoffer rook, en roep vrywillige offers uit, laat dit hoor! Want so is dit na julle sin, kinders van Israel, spreek die Here HERE.

6. Alhoewel Ék julle reinheid van tande gegee het in al julle stede en broodsgebrek in al julle woonplekke—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

7. Alhoewel Ék die reën van julle teruggehou het toe dit nog drie maande voor die oestyd was en op die een stad laat reën maar op die ander nie laat reën het nie, die een stuk land reën gekry het, maar die ander waarop geen reën geval het nie, verdor het;

8. en twee, drie stede na een stad geslinger het om water te drink sonder om die dors te les—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

9. Ek het julle met brandkoring en met heuningdou swaar getref, baie van julle tuine en julle wingerde en julle vyebome en julle olyfbome het die sprinkaan verslind—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

10. Ek het die pes onder julle gestuur, op die manier van Egipte; Ek het julle jongmanne met die swaard gedood saam met die wegvoering van julle perde; en Ek het die stank van julle laer laat opstyg, ja, tot in julle neus—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

11. Ek het julle omgekeer soos God Sodom en Gomorra omgekeer het, sodat julle soos ‘n stuk brandhout was wat uit die vuur geruk is—nogtans het julle jul tot My nie bekeer nie, spreek die HERE.

12. Daarom sal Ek só met jou handel, o Israel; omdat Ek só met jou sal handel—maak jou klaar om jou God te ontmoet, o Israel!

13. Want kyk, Hy wat die berge formeer en die wind skep en aan die mens sy gedagte bekend maak, wat die dageraad duisternis maak, wat op die hoogtes van die aarde wandel, HERE, God van die leërskare, is sy Naam!

About Amos Chapter 4

Read Amos Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Amos in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Amos
Chapter: 4
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Amos. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Amos Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Amos Chapter 4?

Amos Chapter 4 is part of the Book of Amos in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Amos Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Amos

  1. Amos Chapter 8
  2. Amos Chapter 4
  3. Amos Chapter 9
  4. Amos Chapter 1
  5. Amos Chapter 2
  6. Amos Chapter 8
  7. Amos Chapter 9

Explore More from Ou Testament

  1. 2 Kronieke Chapter 16
  2. 1 Kronieke Chapter 9
  3. Genesis Chapter 37
  4. Daniël Chapter 10
  5. Amos Chapter 3
  6. Ester Chapter 7
  7. Jesaja Chapter 38

Related Chapters & Readings

  1. 2 Konings Chapter 4
  2. Deuteronomium Chapter 20
  3. Matteus Chapter 23
  4. Numeri Chapter 36
  5. Psalms Chapter 89
  6. Job Chapter 20
  7. Jeremia Chapter 5
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *