Genesis Chapter 25

For English

Read Genesis Chapter 25 Online

Read Genesis Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Genesis and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Genesis 25

Hoofstuk 25

1. En Abraham het weer ‘n vrou geneem met die naam van Ketúra.

2. En sy het vir hom Simran en Joksan en Medan en Mídian en Jisbak en Suag gebaar.

3. En Joksan was die vader van Skeba en Dedan; en die kinders van Dedan was die Assuriete, Letusiete en Leümmiete.

4. En die seuns van Mídian was: Efa en Efer en Henog en Abída en Eldaä. Hulle almal was seuns van Ketúra.

5. En Abraham het aan Isak alles gegee wat hy besit het,

6. maar aan die seuns van die byvroue van Abraham het Abraham geskenke gegee en hulle, nog by sy lewe, van sy seun Isak af oos laat wegtrek, na die Oosland.

7. En dit is die dae van die lewensjare van Abraham wat hy geleef het: honderd vyf en sewentig jaar.

8. Abraham het die asem uitgeblaas en in goeie ouderdom gesterwe, oud en afgeleef. En hy is by sy volksgenote versamel.

9. En sy seuns Isak en Ismael het hom begrawe in die spelonk van Magpéla, in die stuk grond van Efron, die seun van Sohar, die Hetiet, wat oos van Mamre lê,

10. die stuk grond wat Abraham van die seuns van Het gekoop het. Daar is Abraham begrawe en sy vrou Sara.

11. Ná die dood van Abraham het God sy seun Isak geseën; en Isak het gewoon by die put Lagai-Roï.

12. En dit is die stamboom van Ismael, die seun van Abraham, wat Hagar, die Egiptiese, die slavin van Sara, vir Abraham gebaar het—

13. dit is die name van die seuns van Ismael, hulle name volgens hulle afstamming: die eersgeborene van Ismael, Nébajot; dan Kedar en Adbeël en Mibsam

14. en Misma en Duma en Massa,

15. Hadad en Tema, Jetur, Nafis en Kedma.

16. Dit is die seuns van Ismael, en dit hulle name, in hulle dorpe en laers, twaalf vorste volgens hulle volkstamme.

17. En dit is die lewensjare van Ismael: honderd sewe en dertig jaar; en hy het die asem uitgeblaas en gesterwe, en hy is versamel by sy volksgenote.

18. En hulle het gewoon van Háwila tot by Sur wat oos van Egipte lê in die rigting van Assur. Teenoor al sy broers het hy hom gevestig.

19. En dit is die geskiedenis van Isak, die seun van Abraham: Abraham was die vader van Isak.

20. En Isak was veertig jaar oud toe hy Rebekka, die dogter van Bétuel, die Arameër uit Paddan-Aram, die suster van Laban, die Arameër, vir hom as vrou geneem het.

21. En Isak het die HERE gesmeek met die oog op sy vrou, want sy was onvrugbaar; en die HERE het hom verhoor, sodat sy vrou Rebekka swanger geword het.

22. En die kinders het teen mekaar gestoot binne-in haar. Toe sê sy: As dit so gaan, waarvoor leef ek dan? Daarop het sy gegaan om die HERE te raadpleeg.

23. En die HERE het haar geantwoord: Twee nasies is in jou skoot, en twee volke sal van mekaar gaan uit jou liggaam; en die een volk sal sterker wees as die ander volk; en die oudste sal die jongste dien.

24. En toe haar dae vervul is dat sy moes baar, was daar ‘n tweeling in haar skoot.

25. En die eerste is gebore—rooi, geheel en al soos ‘n mantel van hare. Daarom het hulle hom Esau genoem.

26. En daarna is sy broer gebore, terwyl sy hand die hakskeen van Esau vashou. Daarom het hulle hom Jakob genoem. En Isak was sestig jaar oud by hulle geboorte.

27. En die seuns het opgegroei: Esau het ‘n ervare jagter geword, ‘n man van die veld; maar Jakob was ‘n vredeliewende man wat in tente gewoon het.

28. En Isak het Esau liefgehad, want wildsvleis was na sy smaak; maar Rebekka het Jakob liefgehad.

29. En Jakob het ‘n kooksel klaargemaak en Esau het moeg uit die veld gekom.

30. Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom Edom genoem.

31. En Jakob antwoord: Verkoop eers jou eersgeboortereg aan my.

32. En Esau sê: Kyk, ek gaan sterwe, en wat baat die eersgeboortereg my dan?

33. Toe antwoord Jakob: Sweer eers vir my. En hy het vir hom gesweer en sy eersgeboortereg aan Jakob verkoop.

34. En Jakob het aan Esau brood en die kooksel lensies gegee; en hy het geëet en gedrink en opgestaan en weggegaan. So het Esau dan sy eersgeboortereg verag.

About Genesis Chapter 25

Read Genesis Chapter 25 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Genesis in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Genesis
Chapter: 25
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Genesis. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Genesis Chapter 25 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Genesis Chapter 25?

Genesis Chapter 25 is part of the Book of Genesis in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Genesis Chapter 25 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Genesis

  1. Gênesis Chapter 12
  2. Gênesis Chapter 5
  3. Gênesis Chapter 40
  4. Gênesis Chapter 13
  5. Gênesis Chapter 15
  6. Genesis Chapter 1
  7. Gênesis Chapter 16

Explore More from Ou Testament

  1. Rut Chapter 1
  2. Genesis Chapter 20
  3. Psalms Chapter 133
  4. Eksodus Chapter 15
  5. Psalms Chapter 134
  6. Sefanja Chapter 3
  7. Psalms Chapter 11

Related Chapters & Readings

  1. Ester Chapter 1
  2. 1 Kronieke Chapter 4
  3. Levitikus Chapter 6
  4. Josua Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 59
  6. 1 Kronieke Chapter 20
  7. Jakobus Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *