Read Hooglied Chapter 4 Online
Read Hooglied Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hooglied in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hooglied and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Hooglied 4
Hoofstuk 4
1. Hoe mooi is u tog, my vriendin, hoe mooi is u tog, u oë is soos duiwe deur u sluier heen; u hare is soos ‘n kudde bokke wat van die gebergte van Gílead afgolf.
2. U tande is soos ‘n kudde pas geskeerde skape wat van die drinkplek opkom, wat almal tweelinge het, en geeneen onder hulle is sonder lam nie.
3. U lippe is soos ‘n skarlaken band, en u mond is lieflik. U slape is soos ‘n granaatskyf deur u sluier heen.
4. U hals is soos die Dawidstoring, gebou met muurkranse waar die duisend skilde in hang, almal skilde van helde.
5. U twee borste is soos twee lammers, tweelinge van ‘n gemsbok, wat onder die lelies wei.
6. Totdat die aandwind waai en die skaduwees vlug, sal ek gaan na die mirreberg en na die wierookheuwel.
7. Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie.
8. Saam met my van die Líbanon af, bruid, saam met my van die Líbanon af, o kom! Trek af van die top van Amána, van die top van Senir en van Hermon, van die lêplekke van die leeus, van die berge van die luiperds.
9. U het my hart gesteel, my susterbruid, u het my hart gesteel met een straal van u oë, met een kettinkie van u halssieraad.
10. Hoe skoon is u liefde, my susterbruid, hoeveel beter is u liefde as wyn en die geur van u salf as al die speserye!
11. Heuningstroop drup van u lippe af, bruid, heuning en melk is onder u tong, en die geur van u klere is soos die geur van die Líbanon.
12. My susterbruid is ‘n geslote tuin, ‘n geslote bron, ‘n verseëlde fontein.
13. U spruite is ‘n park van granate met kostelike vrugte, henna-blomme met nardus,
14. nardus en saffraan, kalmoes en kaneel, met allerhande wierookstruike, mirre en alewee, met allerhande kostelike speserye.
15. U is ‘n fontein van die tuine, ‘n put met lewende water wat van die Líbanon afvloei.
16. Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet.
About Hooglied Chapter 4
Read Hooglied Chapter 4 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hooglied in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Hooglied
Chapter: 4
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hooglied. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Hooglied Chapter 4 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Hooglied Chapter 4?
Hooglied Chapter 4 is part of the Book of Hooglied in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Hooglied Chapter 4 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from hooglied
- Hooglied Chapter 3
- Hooglied Chapter 1
- Hooglied Chapter 5
- Hooglied Chapter 2
- Hooglied Chapter 8
- Hooglied Chapter 6
- Hooglied Chapter 7
Explore More from Ou Testament
- 1 Kronieke Chapter 13
- Jesaja Chapter 35
- Klaagliedere Chapter 2
- Psalms Chapter 30
- Jesaja Chapter 63
- 1 Konings Chapter 12
- Jeremia Chapter 4