Eksodus Chapter 38

For English

Read Eksodus Chapter 38 Online

Read Eksodus Chapter 38 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Eksodus and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Eksodus 38

Hoofstuk 38

1. Hy het ook die brandofferaltaar van akasiahout gemaak. Vyf el was sy lengte en vyf el sy breedte, vierkantig, en drie el sy hoogte.

2. En hy het sy horings op die vier hoeke gemaak; sy horings was, daarmee saam, uit een stuk: en hy het dit met koper oorgetrek.

3. Hy het ook al die gereedskap van die altaar gemaak: die potte en die skoppe en die komme, die vurke en die vuurpanne. Al dié gereedskap het hy van koper gemaak.

4. Ook het hy vir die altaar ‘n traliewerk gemaak, ‘n netwerk van koper, onder sy lys, onderaan tot by die helfte van die altaar.

5. En hy het vier ringe aan die vier ente van die kopertraliewerk gegiet, as plekke vir die draaghoute.

6. En hy het die draaghoute van akasiahout gemaak en dit met koper oorgetrek.

7. En hy het die draaghoute in die ringe gesteek, aan die kante van die altaar, om dit daarmee te dra; hy het dit hol, van planke, gemaak.

8. Hy het ook die koperwaskom gemaak met sy kopervoetstuk, uit die spieëls van die diensdoende vroue wat by die ingang van die tent van samekoms gedien het.

9. Hy het ook die voorhof gemaak. Aan die suidekant, na die suide toe, was daar die behangsels van die voorhof, van fyn dubbeldraad-linne, honderd el lank;

10. daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer;

11. en aan die noordekant honderd el; daarby twintig pilare met hulle twintig kopervoetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.

12. En aan die westekant was daar behangsels, vyftig el lank; daarby tien pilare met hulle tien voetstukke; die kramme en die ringe van die pilare was van silwer.

13. En aan die oostekant, teen sonop, was daar vyftig el;

14. vyftien el behangsels vir die een kant, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke;

15. en vir die ander kant—aan weerskante van die poort van die voorhof—vyftien el behangsels, daarby drie pilare met hulle drie voetstukke.

16. Al die behangsels van die voorhof rondom was van fyn dubbeldraad-linne;

17. en die voetstukke van die pilare was van koper, en die kramme en die ringe van die pilare van silwer; en die oortreksel van hulle toppe van silwer; en hulle self, al die pilare van die voorhof, was van silwerringe voorsien.

18. En die bedekking van die poort van die voorhof was veelkleurige werk, van pers en purperrooi en bloedrooi stowwe en fyn dubbeldraad-linne: twintig el was die lengte, en die hoogte—tewens die breedte van die stof—vyf el, net soos die behangsels van die voorhof.

19. Daarby vier pilare met hulle vier voetstukke van koper en hulle kramme van silwer, en die oortreksel van hulle toppe en hulle ringe van silwer.

20. En al die penne vir die tabernakel en die voorhof rondom was van koper.

21. Dit is die berekening van die koste van die tabernakel, van die tabernakel van die Getuienis, soos dit bereken is op bevel van Moses, deur die diens van die Leviete, onder leiding van Itamar, die seun van die priester Aäron.

22. En Besáleël, die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, het alles gemaak wat die HERE Moses beveel het.

23. En saam met hom Ohóliab, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan, ‘n ambagsman en kunstenaar en kunswewer in pers en in purperrooi en in bloedrooi stowwe en in fyn linne.

24. Al die goud wat vir die werk gebruik is, by al die werk van die heiligdom—die goud wat as offer aangebied was, het bedra nege en twintig talente en sewe honderd en dertig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom.

25. En die silwer van die geteldes van die vergadering was honderd talente en duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels volgens die sikkel van die heiligdom;

26. ‘n beka vir elke persoon, dit is ‘n halfsikkel volgens die sikkel van die heiligdom, van elkeen wat oorgegaan het na die geteldes, van twintig jaar oud en daarbo, naamlik ses honderd en drie duisend vyf honderd en vyftig man.

27. En die honderd talente silwer het gedien om die voetstukke van die heiligdom en die voetstukke van die voorhangsel te giet; honderd voetstukke vir honderd talente, ‘n talent vir ‘n voetstuk.

28. Maar van die duisend sewe honderd vyf en sewentig sikkels het hy kramme vir die pilare gemaak, en hy het hulle toppe oorgetrek en hulle van ringe voorsien.

29. En die koper wat as offer aangebied was, het bedra sewentig talente en twee duisend vier honderd sikkels.

30. En hy het daaruit die voetstukke van die ingang van die tent van samekoms gemaak en die koperaltaar en sy kopertraliewerk en al die gereedskap van die altaar;

31. en die voetstukke van die voorhof rondom en die voetstukke van die poort van die voorhof en al die penne van die tabernakel, ook al die penne van die voorhof rondom.

About Eksodus Chapter 38

Read Eksodus Chapter 38 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Eksodus
Chapter: 38
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Eksodus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Eksodus Chapter 38 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Eksodus Chapter 38?

Eksodus Chapter 38 is part of the Book of Eksodus in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Eksodus Chapter 38 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Eksodus

  1. Eksodus Chapter 4
  2. Eksodus Chapter 11
  3. Eksodus Chapter 31
  4. Eksodus Chapter 12
  5. Eksodus Chapter 37
  6. Eksodus Chapter 28
  7. Eksodus Chapter 20

Explore More from Ou Testament

  1. Esegiël Chapter 6
  2. Jeremia Chapter 31
  3. Psalms Chapter 102
  4. Psalms Chapter 83
  5. Job Chapter 33
  6. Job Chapter 22
  7. Jesaja Chapter 54

Related Chapters & Readings

  1. Jesaja Chapter 21
  2. Psalms Chapter 77
  3. Psalms Chapter 52
  4. Daniël Chapter 9
  5. Esegiël Chapter 18
  6. Genesis Chapter 35
  7. Job Chapter 31
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *