Read Kolossense Chapter 3 Online
Read Kolossense Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Kolossense in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Kolossense and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Kolossense 3
Hoofstuk 3
1. As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit.
2. Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie.
3. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.
4. Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word.
5. Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is,
6. waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom,
7. waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.
8. Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond.
9. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het
10. en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,
11. waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles en in almal.
12. Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.
13. Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen.
14. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.
15. En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.
16. Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here.
17. En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.
18. Vroue, wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here.
19. Manne, julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.
20. Kinders, julle moet jul ouers in alles gehoorsaam wees, want dit is die Here welbehaaglik.
21. Vaders, moenie julle kinders terg nie, sodat hulle nie moedeloos word nie.
22. Diensknegte, julle moet jul here na die vlees in alles gehoorsaam wees, nie met oëdiens soos mensebehaers nie, maar in eenvoudigheid van hart, omdat julle God vrees.
23. En wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie,
24. omdat julle weet dat julle van die Here die erfenis as vergelding sal ontvang, want julle dien die Here Christus.
25. Maar wie onreg doen, sal die onreg wat hy gedoen het, terug ontvang; en daar is geen aanneming van die persoon nie.
About Kolossense Chapter 3
Read Kolossense Chapter 3 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Kolossense in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Kolossense
Chapter: 3
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Kolossense. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Kolossense Chapter 3 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Kolossense Chapter 3?
Kolossense Chapter 3 is part of the Book of Kolossense in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Kolossense Chapter 3 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Kolossense
Explore More from Nuwe Testament
- Efesiërs Chapter 6
- Matteus Chapter 22
- Openbaring Chapter 7
- Openbaring Chapter 8
- Jakobus Chapter 1
- Romeine Chapter 6
- Matteus Chapter 19