Read Psalms Chapter 69 Online
Read Psalms Chapter 69 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Psalms and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Psalms 69
Hoofstuk 69
1. Verlos my, o God, want die waters het tot by die siel gekom.
2. (69:3) Ek sink in grondelose modder waar geen staanplek is nie; ek het in waterdieptes gekom, en die stroom loop oor my.
3. (69:4) Ek is moeg van my geroep, my keel brand, my oë versmag terwyl ek wag op my God.
4. (69:5) Die wat my sonder oorsaak haat, is meer as die hare van my hoof; die wat klaar staan om my te vernietig, wat sonder grond my vyande is, is magtig; wat ek nie geroof het nie, moet ek dan teruggee.
5. (69:6) o God, U weet van my dwaasheid, en my skuldige dade is vir U nie verborge nie.
6. (69:7) Laat die wat u verwag, deur my nie beskaamd staan nie, o Here, HERE van die leërskare! Laat die wat U soek, deur my nie in die skande kom nie, o God van Israel!
7. (69:8) Want om U ontwil dra ek smaad, bedek skande my aangesig.
8. (69:9) Vreemd het ek vir my broers geword en ‘n onbekende vir die seuns van my moeder.
9. (69:10) Want die ywer vir u huis het my verteer, en die smaadhede van die wat U smaad, het op my geval.
10. (69:11) Wat my aangaan, my siel het geween met vas; maar dit het smaadhede vir my geword.
11. (69:12) Ek het ook ‘n rougewaad my kleding gemaak en vir hulle ‘n spreekwoord geword.
12. (69:13) Die wat in die poort sit, praat van my—ook die spotlied van die wat sterk drank drink.
13. (69:14) Maar ek—my gebed is tot U, o HERE: in die tyd van genade, o God, verhoor my deur die grootheid van u goedertierenheid, deur die trou van u heil!
14. (69:15) Red my uit die modder en laat my nie sink nie; laat my gered word van my haters en uit waterdieptes.
15. (69:16) Laat die waterstroom nie oor my loop en die diepte my nie verslind nie, en laat die put sy mond bo my nie toesluit nie!
16. (69:17) Verhoor my, o HERE, want u goedertierenheid is goed; wend U tot my na die grootheid van u barmhartighede.
17. (69:18) En verberg u aangesig nie vir u kneg nie; want ek is benoud. Verhoor my dan gou!
18. (69:19) Kom nader na my siel, verlos dit; bevry my om my vyande ontwil.
19. (69:20) U ken my smaad en my beskaming en my skande; al my teëstanders is voor U.
20. (69:21) Die smaad breek my hart, en ek is verswak; ja, ek het gewag op medelyde, maar verniet; en op vertroosters, maar het hulle nie gevind nie.
21. (69:22) En hulle het aan my gal gegee as my spys, en vir my dors het hulle my asyn laat drink.
22. (69:23) Laat hul tafel voor hulle ‘n vangnet wees en vir hulle wat sorgeloos is, ‘n strik.
23. (69:24) Laat hulle oë duister word, sodat hulle nie sien nie; en maak dat hulle heupe altyddeur wankel.
24. (69:25) Stort oor hulle u grimmigheid uit, en laat u toorngloed hulle inhaal.
25. (69:26) Laat hulle laer woes word, laat in hulle tente geen bewoner wees nie.
26. (69:27) Want hulle vervolg hom wat deur U swaar getref is, en vertel van die smart van u gewondes.
27. (69:28) Voeg skuld by hulle skuld, en laat hulle nie in u geregtigheid kom nie.
28. (69:29) Laat hulle uitgedelg word uit die boek van die lewe en nie saam met die regverdiges opgeskrywe word nie.
29. (69:30) Maar ek is ellendig en in pyn: laat u hulp, o God, my beskerm!
30. (69:31) Ek wil die Naam van God prys met ‘n lied en Hom groot maak met danksegging;
31. (69:32) en dit sal die HERE welgevalliger wees as beeste, as stiere wat horings en gesplitste kloue het.
32. (69:33) As die ootmoediges dit sien, sal hulle bly wees; julle wat na God soek, laat julle hart lewe!
33. (69:34) Want die HERE luister na die behoeftiges en verag sy gevangenes nie.
34. (69:35) Laat hemel en aarde Hom prys, die see en alles wat daarin roer.
35. (69:36) Want God sal Sion verlos en die stede van Juda bou; en daar sal hulle woon en dit besit.
36. (69:37) En die nageslag van sy knegte sal dit beërwe, en die liefhebbers van sy Naam sal daarin woon.
About Psalms Chapter 69
Read Psalms Chapter 69 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Psalms in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Psalms
Chapter: 69
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Psalms. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Psalms Chapter 69 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Psalms Chapter 69?
Psalms Chapter 69 is part of the Book of Psalms in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Psalms Chapter 69 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Jesaja Chapter 12
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 2
- Jesaja Chapter 1
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 3
Explore More from Psalms
- Psalms Chapter 73
- Psalms Chapter 67
- Psalms Chapter 46
- Psalms Chapter 79
- Psalms Chapter 96
- Psalms Chapter 3
- Psalms Chapter 106