Nehemia Chapter 8

For English

Read Nehemia Chapter 8 Online

Read Nehemia Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nehemia in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Nehemia and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Nehemia 8

Hoofstuk 8

1. Het die hele volk soos een man op die plein voor die Waterpoort bymekaargekom en aan Esra, die skrifgeleerde, gesê om die boek van die wet van Moses, wat die HERE Israel beveel het, te bring.

2. (8:3) En Esra, die priester, het die wet voor die vergadering gebring, manne sowel as vroue en almal wat met verstand kon luister, op die eerste dag van die sewende maand.

3. (8:4) En hy het daaruit voorgelees voor die plein wat voor die Waterpoort was, vandat dit lig geword het tot die middag, in teenwoordigheid van die manne en die vroue en die wat kon verstaan; en die ore van die hele volk was op die wetboek gerig.

4. (8:5) En Esra, die skrifgeleerde, het op ‘n houtverhoog gestaan wat hulle vir die geleentheid gemaak het, en langs hom het aan sy regterhand gestaan: Mattítja en Sema en Anája en Uría en Hilkía en Maäséja; en aan sy linkerhand: Pedája en Mísael en Malkía en Hasum en Hasbaddána, Sagaría, Mesúllam.

5. (8:6) En Esra het die boek oopgemaak voor die oë van die hele volk, want hy het bokant die hele volk gestaan; en toe hy dit oopmaak, het die hele volk opgestaan.

6. (8:7) En Esra het die HERE, die grote God, geloof, en die hele volk het geantwoord: Amen, amen! met opheffing van hulle hande; en hulle het hul gebuig en die HERE aanbid met die aangesig na die aarde toe.

7. (8:8) En Jésua en Bani en Serébja, Jamin, Akkub, Sábbetai, Hodía, Maäséja, Kelíta, Asárja, Jósabad, Hanan, Pelája en die Leviete het die volk in die wet onderrig, onderwyl die volk op hulle plek bly staan.

8. (8:9) En hulle het uit die boek, uit die wet van God, duidelik voorgelees en dit verklaar, sodat hulle verstaan het wat voorgelees is.

9. (8:10) Daarop het Nehemía—hy was die goewerneur—en Esra, die priester, die skrifgeleerde, en die Leviete wat die volk onderrig, aan die hele volk gesê: Hierdie dag is heilig aan die HERE julle God; treur nie en ween nie! Want die hele volk het geween toe hulle die woorde van die wet hoor.

10. (8:11) Verder het hy vir hulle gesê: Gaan, eet lekker spys en drink soet dranke en stuur porsies aan hulle vir wie niks berei is nie; want hierdie dag is heilig aan onse Here. Wees dan nie bedroef nie, want die blydskap in die HERE—dit is julle beskutting.

11. (8:12) En die Leviete het die hele volk tot bedaring gebring en gesê: Wees stil! want hierdie dag is heilig; wees dus nie bedroef nie.

12. (8:13) Toe het die hele volk weggegaan om te eet en te drink en porsies te stuur en groot vreugde te bedrywe; want hulle het ag gegee op die woorde wat aan hulle bekend gemaak is.

13. (8:14) En op die tweede dag het die familiehoofde van die hele volk, die priesters en die Leviete by Esra, die skrifgeleerde, vergader om naamlik die woorde van die wet te ondersoek.

14. (8:15) Toe vind hulle uit dat in die wet wat die HERE deur die diens van Moses beveel het, geskrywe was dat die kinders van Israel op die fees in die sewende maand in hutte moes woon,

15. (8:16) en dat hulle moes afkondig en rondstuur deur al hulle stede en in Jerusalem om te sê: Trek uit op die gebergte en bring olyftakke en oliewenhouttakke en mirtetakke en palmtakke en takke van digte bome om hutte te maak soos geskrywe is.

16. (8:17) En die volk het uitgetrek en dit gebring en vir hulle hutte gemaak, elkeen op sy dak en op hulle erwe en in die voorhowe van die huis van God en op die plein van die Waterpoort en op die plein van die Efraimspoort.

17. (8:18) En die hele vergadering wat uit die gevangenskap teruggekom het, het hutte gemaak en in die hutte gewoon; want van die dae van Jésua af, die seun van Nun, tot op daardie dag het die kinders van Israel nie só gedoen nie; en daar was baie groot blydskap.

18. (8:19) En hy het dag vir dag, van die eerste dag af tot die laaste dag toe, voorgelees uit die wetboek van God; en hulle het sewe dae lank fees gehou en op die agtste dag ‘n feestyd volgens verordening.

About Nehemia Chapter 8

Read Nehemia Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Nehemia in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Nehemia
Chapter: 8
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Nehemia. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Nehemia Chapter 8 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Nehemia Chapter 8?

Nehemia Chapter 8 is part of the Book of Nehemia in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Nehemia Chapter 8 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from nehemia

  1. Nehemia Chapter 9
  2. Nehemia Chapter 2
  3. Nehemia Chapter 11
  4. Nehemia Chapter 1
  5. Nehemia Chapter 3
  6. Nehemia Chapter 10
  7. Nehemia Chapter 12

Explore More from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 45
  2. Josua Chapter 16
  3. Numeri Chapter 22
  4. 2 Kronieke Chapter 22
  5. Jeremia Chapter 47
  6. Job Chapter 25
  7. Psalms Chapter 45

Related Chapters & Readings

  1. 2 Kronieke Chapter 23
  2. Job Chapter 5
  3. 1 Korintiërs Chapter 16
  4. Jesaja Chapter 39
  5. Job Chapter 38
  6. 1 Samuel Chapter 24
  7. 2 Timoteus Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *