Spreuke Chapter 21

For English

Read Spreuke Chapter 21 Online

Read Spreuke Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Spreuke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Spreuke 21

Hoofstuk 21

1. Die koning se hart is in die hand van die HERE soos waterstrome: Hy lei dit waarheen Hy wil.

2. Elke weg van ‘n mens is reg in sy oë, maar die HERE toets die harte.

3. Om geregtigheid en reg te doen, is vir die HERE verkiesliker as offers.

4. Hoogheid van oë en trotsheid van hart—die glans van die goddelose is sonde.

5. Die planne van die vlytige is net tot voordeel, maar elkeen wat oorhaastig is, kom net tot gebrek.

6. Die verwerwing van skatte deur ‘n valse tong is ‘n verwaaide asem—dodelike valstrikke.

7. Die gewelddadigheid van die goddelose sleep hulle weg, want hulle weier om reg te doen.

8. Gekronkeld is die weg van ‘n skuldige mens; maar die reine—sy handeling is reg.

9. Dit is beter om op die hoek van ‘n dak te woon as by ‘n twisgierige vrou en ‘n gemeenskaplike huis.

10. Die siel van die goddelose begeer die kwaad; sy naaste vind in sy oë geen genade nie.

11. As ‘n mens ‘n spotter straf, word die eenvoudige bedagsaam; en as ‘n mens ‘n wyse onderrig, neem hy self kennis aan.

12. Die regverdige let op die huis van die goddelose; Hy stort die goddelose in die ongeluk.

13. Wie sy oor toestop vir die geskreeu van die arme, hy sal self ook roep en nie verhoor word nie.

14. ‘n Geskenk in die geheim bring die toorn tot bedaring en ‘n geskenk in die skoot die heftige woede.

15. Vreugde is dit vir die regverdige om reg te doen, maar ‘n verskrikking vir die werkers van ongeregtigheid.

16. ‘n Mens wat afdwaal van die pad van verstand, sal in die vergadering van die skimme rus.

17. Wie van vrolikheid hou, is ‘n man van gebrek; hy wat van wyn en olie hou, sal nie ryk word nie.

18. Die goddelose is ‘n losprys vir die regverdige, en in die plek van die opregtes kom die ontroue.

19. Dit is beter om in ‘n woeste land te woon as by ‘n twisgierige vrou en ergernis.

20. ‘n Kosbare skat en olie is in die woning van die regverdige, maar ‘n dwase mens bring dit deur.

21. Wie geregtigheid en weldadigheid najaag, sal die lewe, geregtigheid en eer vind.

22. Die wyse beklim die stad van die helde en gooi die vesting neer waar dit op vertrou.

23. Hy wat sy mond en sy tong bewaar, bewaar sy siel van benoudhede.

24. ‘n Vermetele, ‘n trotsaard word ‘n spotter genoem, een wat in oormaat van vermetelheid handel.

25. Die begeerte van die luiaard sal hom doodmaak, want sy hande weier om te werk;

26. die hele dag deur word daar dringend begeer, maar die regverdige gee en hou nie terug nie.

27. Die offer van die goddelose is ‘n gruwel; hoeveel te meer as hulle dit met skandelike bedoeling bring.

28. ‘n Leuenagtige getuie kom om; maar ‘n man wat goed toeluister, spreek vir altyd.

29. Die goddelose trek ‘n onbeskaamde gesig, maar die opregte gee aan sy weë die regte rigting.

30. Daar is geen wysheid, en daar is geen verstand, en daar is geen raad teenoor die HERE nie.

31. Die perd word reggemaak vir die dag van die geveg, maar die oorwinning is deur die HERE.

About Spreuke Chapter 21

Read Spreuke Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Spreuke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Spreuke
Chapter: 21
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Spreuke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Spreuke Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Spreuke Chapter 21?

Spreuke Chapter 21 is part of the Book of Spreuke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Spreuke Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Jesaja Chapter 12
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 2
  6. Jesaja Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 14

Explore More from spreuke

  1. Spreuke Chapter 13
  2. Spreuke Chapter 27
  3. Spreuke Chapter 29
  4. Spreuke Chapter 14
  5. Spreuke Chapter 10
  6. Spreuke Chapter 1
  7. Spreuke Chapter 20

Related Chapters & Readings

  1. 2 Kronieke Chapter 12
  2. Job Chapter 29
  3. Josua Chapter 13
  4. Jona Chapter 3
  5. 1 Korintiërs Chapter 5
  6. 2 Konings Chapter 14
  7. Jesaja Chapter 58
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *