Read Levitikus Chapter 9 Online
Read Levitikus Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Levitikus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Levitikus 9
Hoofstuk 9
1. En op die agtste dag het Moses Aäron en sy seuns en die oudstes van Israel geroep
2. en aan Aäron gesê: Neem vir jou ‘n bulkalf as sondoffer en ‘n ram as brandoffer, altwee sonder gebrek; en bring hulle voor die aangesig van die HERE.
3. En spreek met die kinders van Israel en sê: Neem ‘n bokram as sondoffer en ‘n kalf en ‘n lam, altwee een jaar oud, sonder gebrek, as brandoffer,
4. ook ‘n bul en ‘n ram as dankoffer om voor die aangesig van die HERE te offer; en spysoffer met olie gemeng; want vandag verskyn die HERE aan julle.
5. Toe het hulle voor die tent van samekoms gebring wat Moses beveel het. En die hele vergadering het nader gekom en gaan staan voor die aangesig van die HERE.
6. En Moses het gesê: Dit is die saak wat die HERE julle beveel het om te doen, sodat die heerlikheid van die HERE aan julle kan verskyn.
7. En Moses het vir Aäron gesê: Kom nader na die altaar en berei jou sondoffer en jou brandoffer, en doen versoening vir jou en vir die volk, en berei die offer van die volk, en doen versoening vir hulle soos die HERE beveel het.
8. Toe het Aäron na die altaar nader gekom en die sondofferkalf geslag wat vir hom bedoel was.
9. En die seuns van Aäron het die bloed na hom gebring, en hy het sy vinger in die bloed gesteek en dit aan die horings van die altaar gestryk. Daarna het hy die orige bloed aan die onderkant van die altaar uitgegiet.
10. Maar die vet en die niere en die lap aan die lewer van die sondoffer het hy op die altaar aan die brand gesteek soos die HERE Moses beveel het.
11. En die vleis en die vel het hy buitekant die laer met vuur verbrand.
12. Toe het hy die brandoffer geslag, en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee, en hy het dit rondom teen die altaar uitgegooi.
13. Ook het hulle vir hom die brandoffer volgens sy stukke aangegee, met die kop, en hy het dit aan die brand gesteek op die altaar.
14. En hy het die binnegoed en die pote gewas en dit aan die brand gesteek bo op die brandoffer op die altaar.
15. Daarna het hy die offer van die volk gebring; hy het naamlik die sondofferbok geneem wat vir die volk bedoel was, en dit geslag en dit as sondoffer gebring soos tevore.
16. Verder het hy die brandoffer gebring en dit berei volgens voorskrif.
17. En hy het die spysoffer gebring en ‘n handvol daaruit geneem en dit aan die brand gesteek op die altaar, behalwe die môrebrandoffer.
18. Toe het hy die bul en die ram geslag wat vir die volk as dankoffer bedoel was; en die seuns van Aäron het vir hom die bloed aangegee wat hy toe rondom teen die altaar uitgegooi het
19. en die stukke vet van die bul, en van die ram die vetstert en die netvet en die niere en die lap aan die lewer;
20. en hulle het die stukke vet op die borsstukke gesit, en hy het die stukke vet op die altaar aan die brand gesteek.
21. Maar die borsstukke en die regterboud het Aäron as beweegoffer voor die aangesig van die HERE beweeg soos Moses beveel het.
22. Daarna het Aäron sy hande na die volk toe opgehef en hulle geseën. En hy het afgeklim nadat hy die sondoffer en brandoffer en dankoffer gebring het.
23. Daarop het Moses en Aäron in die tent van samekoms gegaan; en toe hulle uitkom, het hulle die volk geseën. En die heerlikheid van die HERE het aan die hele volk verskyn
24. vuur het van die aangesig van die HERE uitgegaan en op die altaar die brandoffer en die stukke vet verteer. Toe die hele volk dit sien, het hulle gejuig en op hulle aangesig geval.
About Levitikus Chapter 9
Read Levitikus Chapter 9 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Levitikus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Levitikus
Chapter: 9
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Levitikus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Levitikus Chapter 9 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Levitikus Chapter 9?
Levitikus Chapter 9 is part of the Book of Levitikus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Levitikus Chapter 9 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Levitikus
- Levitikus Chapter 19
- Levitikus Chapter 6
- Levitikus Chapter 1
- Levitikus Chapter 17
- Levitikus Chapter 12
- Levitikus Chapter 8
- Levitikus Chapter 5
Explore More from Ou Testament
- Numeri Chapter 8
- Esegiël Chapter 22
- 1 Kronieke Chapter 27
- Genesis Chapter 18
- Jeremia Chapter 29
- 1 Konings Chapter 7
- Deuteronomium Chapter 14