2 Kronieke Chapter 16

For English

Read 2 Kronieke Chapter 16 Online

Read 2 Kronieke Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

2 Kronieke 16

Hoofstuk 16

1. In die ses en dertigste jaar van die regering van Asa het Baésa, die koning van Israel, opgetrek teen Juda en Rama gebou om niemand van Asa, die koning van Juda, te laat uit— of ingaan nie.

2. Toe bring Asa silwer en goud uit die skatkamers van die huis van die HERE en van die huis van die koning en stuur dit na Bénhadad, die koning van Aram, wat in Damaskus gewoon het, om te sê:

3. Daar is ‘n verbond tussen my en u, en tussen my vader en u vader; kyk, ek stuur u silwer en goud; gaan verbreek u verbond met Baésa, die koning van Israel, dat hy kan optrek weg van my af.

4. En Bénhadad het geluister na koning Asa en die owerstes van sy leërmagte gestuur teen die stede van Israel, en hulle het Ijon en Dan en Abel-Máim en al die voorraadstede van Náftali verwoes.

5. En sodra Baésa dit hoor, het hy opgehou om Rama te bou en sy werk gestaak.

6. Toe neem koning Asa die hele Juda, en hulle het die klippe en balke van Rama, waarmee Baésa gebou het, weggedra; en hy het daarmee Geba en Mispa gebou.

7. En in dié tyd het die siener Hanáni na Asa, die koning van Juda, gekom en aan hom gesê: Omdat u op die koning van Aram gesteun en nie op die HERE u God gesteun het nie, daarom het die leër van die koning van Aram uit u hand vrygeraak.

8. Was die Kusiete en die Libiërs nie ‘n groot leërmag met buitengewoon baie strydwaens en perderuiters nie? En tog het Hy hulle in u hand gegee; omdat u op die HERE gesteun het;

9. want die HERE—sy oë deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is; hierin het u dwaas gehandel, want van nou af sal daar oorloë teen u wees.

10. Maar Asa het hom vererg vir die siener en hom in die gevangenis gesit, want hy was hieroor woedend op hom; ook het Asa in dieselfde tyd sommige uit die volk verdruk.

11. En kyk, die geskiedenis van Asa die vroeëre en die latere, dit is beskrywe in die boek van die konings van Juda en Israel.

12. En in die nege en dertigste jaar van sy regering het Asa gely aan sy voete; sy siekte was baie ernstig; maar selfs in sy siekte het hy die HERE nie geraadpleeg nie, maar die geneeshere.

13. En Asa het ontslaap met sy vaders en gesterwe in die een en veertigste jaar van sy regering.

14. En hulle het hom begrawe in sy graf wat hy vir hom in die stad van Dawid gegrawe het, en hom op die bed neergelê wat vol speserye was, en dit van allerhande soorte, volgens die kuns van ‘n salfmenger klaargemaak; en hulle het vir hom ‘n buitengewoon groot wierookbrand aangesteek.

About 2 Kronieke Chapter 16

Read 2 Kronieke Chapter 16 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: 2 Kronieke
Chapter: 16
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading 2 Kronieke Chapter 16 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is 2 Kronieke Chapter 16?

2 Kronieke Chapter 16 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 16 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from 2 Kronieke

  1. 2 Kronieke Chapter 35
  2. 2 Kronieke Chapter 1
  3. 2 Kronieke Chapter 33
  4. 2 Kronieke Chapter 24
  5. 2 Kronieke Chapter 19
  6. 2 Kronieke Chapter 3
  7. 2 Kronieke Chapter 26

Explore More from Ou Testament

  1. Esegiël Chapter 36
  2. Prediker Chapter 7
  3. Jesaja Chapter 28
  4. Jeremia Chapter 47
  5. Rigters Chapter 10
  6. 1 Samuel Chapter 10
  7. Job Chapter 15

Related Chapters & Readings

  1. Josua Chapter 19
  2. Esegiël Chapter 25
  3. Psalms Chapter 142
  4. Spreuke Chapter 8
  5. Filippense Chapter 3
  6. Psalms Chapter 70
  7. Genesis Chapter 30
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *