For English

Read Rut Chapter 1 Online

Read Rut Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Rut in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Rut and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Rut 1

Hoofstuk 1

1. En in die dae toe die rigters geregeer het, was daar hongersnood in die land; daarom het ‘n man uit Betlehem-Juda weggetrek om as vreemdeling te vertoef in die veld van Moab, hy en sy vrou en sy twee seuns.

2. En die naam van die man was Eliméleg en die naam van sy vrou Naómi en die naam van sy twee seuns Maglon en Giljon, Efratiete, uit Betlehem-Juda, en hulle het gekom in die veld van Moab en daar gebly.

3. En Eliméleg, die man van Naómi, het gesterwe, maar sy met haar twee seuns het oorgebly.

4. En hulle het vir hulle Moabitiese vroue geneem; die naam van die een was Orpa en die naam van die ander Rut; en hulle het daar omtrent tien jaar gebly.

5. En toe Maglon en Giljon altwee sterwe, en die vrou sonder haar twee seuns en haar man oorbly,

6. het sy haar gereedgemaak met haar skoondogters en teruggegaan uit die veld van Moab, want sy het in die veld van Moab gehoor dat die HERE op sy volk ag gegee het deur aan hulle brood te gee.

7. So het sy dan haar woonplek verlaat en haar twee skoondogters saam met haar. Maar toe hulle op pad was om na die land Juda terug te gaan,

8. sê Naómi aan haar twee skoondogters: Gaan heen, draai om, elkeen na die huis van haar moeder; mag die HERE aan julle guns bewys soos julle aan die dode en aan my bewys het.

9. Mag die HERE gee dat julle ‘n rusplek vind, elkeen in die huis van haar man; en sy het hulle gesoen. Maar hulle het hul stem verhef en geween

10. en aan haar gesê: Nee, ons wil saam met u teruggaan na u volk.

11. Maar Naómi sê: Draai om, my dogters! Waarom sou julle met my saamgaan? Het ek nog seuns in my liggaam, dat hulle julle mans kan word?

12. Draai om, my dogters, gaan heen; want ek is te oud om ‘n man te hê. Al sou ek sê: Ek het hoop! en nog vannag aan ‘n man mag behoort en ook seuns baar—

13. sou julle in dié geval kan wag totdat hulle groot geword het? Sou julle in dié geval julleself opsluit om nie aan ‘n man te behoort nie? Ag nee, my dogters, want dit is vir my baie bitterder as vir julle dat die hand van die HERE teen my uitgestrek is.

14. Toe verhef hulle hul stem en ween weer; en Orpa het haar skoonmoeder gesoen, maar Rut het haar aangehang.

15. Daarop sê sy: Kyk, jou skoonsuster het omgedraai na haar volk en na haar gode toe; draai om agter jou skoonsuster aan!

16. Maar Rut sê: Moenie by my aandring dat ek u moet verlaat om agter u om te draai nie; want waar u gaan, sal ek gaan; en waar u vertoef, sal ek vertoef; u volk is my volk, en u God is my God.

17. Waar u sterwe, sal ek sterwe en daar begrawe word! Mag die HERE so aan my doen en so daaraan toedoen—net die dood sal skeiding maak tussen my en u.

18. Toe sy sien dat sy vas besluit het om met haar saam te gaan, het sy opgehou om met haar te spreek.

19. En hulle twee het op pad gegaan totdat hulle in Betlehem gekom het. En toe hulle in Betlehem kom, het die hele stad oor hulle in opskudding geraak, en die vroue het gesê: Is dit Naómi?

20. Toe antwoord sy hulle: Noem my nie Naómi nie: noem my Mara, want die Almagtige het my baie bitterheid aangedoen.

21. Vol het ek weggetrek, maar leeg het die HERE my laat terugkom. Waarom sou julle my Naómi noem, terwyl die HERE teen my getuig het, en die Almagtige my kwaad aangedoen het?

22. So het Naómi dan teruggekeer en Rut, die Moabitiese, haar skoondogter wat saam met haar uit die veld van Moab teruggekom het; en hulle het in Betlehem gekom in die begin van die gars-oes.

About Rut Chapter 1

Read Rut Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Rut in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Rut
Chapter: 1
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Rut. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Rut Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Rut Chapter 1?

Rut Chapter 1 is part of the Book of Rut in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Rut Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Ou Testament

  1. Jesaja Chapter 5
  2. Numeri Chapter 1
  3. Jesaja Chapter 6
  4. Jesaja Chapter 3
  5. Jesaja Chapter 14
  6. Jesaja Chapter 1
  7. Jesaja Chapter 12

Explore More from Rut

  1. Rut Chapter 1
  2. Rut Chapter 2
  3. Rut Chapter 3
  4. Rut Chapter 3
  5. Rut Chapter 3
  6. Rut Chapter 4
  7. Rut Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. 2 Samuel Chapter 2
  2. Esegiël Chapter 26
  3. Levitikus Chapter 12
  4. Prediker Chapter 10
  5. Deuteronomium Chapter 16
  6. Hebreërs Chapter 13
  7. 1 Konings Chapter 17
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *