Read Rigters Chapter 12 Online
Read Rigters Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Rigters in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Rigters and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Rigters 12
Hoofstuk 12
1. En die manne van Efraim is saamgeroep en het oorgetrek na Safon toe en vir Jefta gesê: Waarom het u deurgetrek om teen die kinders van Ammon te veg en óns nie geroep om saam met u te trek nie? Ons sal u huis bo u met vuur verbrand.
2. Maar Jefta sê vir hulle: Ek en my volk het ‘n hewige twis met die kinders van Ammon gehad, en ek het julle opgeroep, maar julle het my nie uit hulle hand verlos nie.
3. En toe ek sien dat jy nie help nie, het ek my lewe gewaag en deurgetrek na die kinders van Ammon; en die HERE het hulle in my hand gegee. Waarom het julle dan vandag teen my opgetrek om teen my oorlog te voer?
4. Daarop versamel Jefta al die manne van Gílead om teen Efraim te veg; en die manne van Gílead het Efraim verslaan, omdat hulle gesê het: Julle, Gileadiete, is vlugtelinge van Efraim, in die midde van Efraim en Manasse.
5. En Gílead het die Efraimiete van die Jordaan-driwwe afgesny; en as die vlugtelinge van Efraim sê: Ek wil deurgaan—dan vra die manne van Gílead vir hom: Is jy ‘n Efraimiet? As hy sê: Nee,
6. dan vra hulle hom: Sê bietjie: Sjibbolet! En as hy sê: Sibbolet! en nie ag gee om dit reg uit te spreek nie, dan gryp hulle hom en maak hom by die Jordaan-driwwe dood. So het daar dan in dié tyd van Efraim twee en veertig duisend man geval.
7. En Jefta het Israel ses jaar lank gerig; en Jefta, die Gileadiet, het gesterwe en is begrawe in een van die stede van Gílead.
8. En ná hom het Ebsan, uit Betlehem, Israel gerig.
9. En hy het dertig seuns gehad, en dertig dogters het hy uitgehuwelik en van buite af dertig dogters vir sy seuns ingebring; en hy het Israel sewe jaar lank gerig.
10. En Ebsan het gesterwe en is begrawe in Betlehem.
11. En ná hom het Elon, die Sebuloniet, Israel gerig; en hy het Israel tien jaar lank gerig.
12. En Elon, die Sebuloniet, het gesterwe en is begrawe in Ajalon, in die land Sébulon.
13. En ná hom het Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, Israel gerig.
14. En hy het veertig seuns en dertig kleinseuns gehad wat op sewentig jong esels gery het; en hy het Israel agt jaar lank gerig.
15. En Abdon, die seun van Hillel, die Pireatoniet, het gesterwe en is begrawe in Píreaton, in die land Efraim, op die gebergte van die Amalekiete.
About Rigters Chapter 12
Read Rigters Chapter 12 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Rigters in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Rigters
Chapter: 12
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Rigters. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Rigters Chapter 12 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Rigters Chapter 12?
Rigters Chapter 12 is part of the Book of Rigters in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Rigters Chapter 12 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Ou Testament
- Jesaja Chapter 5
- Numeri Chapter 1
- Jesaja Chapter 6
- Jesaja Chapter 14
- Jesaja Chapter 3
- Jesaja Chapter 29
- Jesaja Chapter 4
Explore More from rigters
- Rigters Chapter 5
- Rigters Chapter 20
- Rigters Chapter 10
- Rigters Chapter 18
- Rigters Chapter 21
- Rigters Chapter 9
- Rigters Chapter 1