Hosea Chapter 13

For English

Read Hosea Chapter 13 Online

Read Hosea Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Hosea and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Hosea 13

Hoofstuk 13

1. As Efraim net gespreek het, was daar siddering; hoog het hy gestaan in Israel. Maar hy het hom skuldig gemaak deur die Baäl en gesterwe.

2. En nou gaan hulle voort om te sondig en het vir hulle ‘n gegote beeld van hulle silwer gemaak, afgode volgens hulle insig, geheel en al smidswerk; van hulle word gesê: Die mense wat offer, vereer kalwers met kusse!

3. Daarom sal hulle wees soos ‘n môrewolk en soos dou wat vroeg weer verdwyn, soos kaf wat wegvlieg van die dorsvloer en soos rook uit die venster.

4. Tog was Ek, die HERE, jou God van Egipteland af, en buiten My het jy geen God geken nie, ja, behalwe My is daar geen Heiland nie.

5. Ek het jou in die woestyn geken, in die land van droogtes.

6. Ooreenkomstig hulle weiveld het hulle versadig geword; toe hulle versadig was, het hulle hart hoogmoedig geword; daarom het hulle My vergeet.

7. Toe het Ek vir hulle soos ‘n leeu geword, soos ‘n luiperd lê Ek by die pad en loer.

8. Ek val hulle aan soos ‘n beer wat van kleintjies beroof is, en Ek skeur hulle borskas oop; en soos ‘n leeuin verslind Ek hulle daar, die wilde diere van die veld sal hulle verskeur.

9. Dit is jou verderf, o Israel, dat jy teen My, jou helper, is.

10. Waar is nou jou koning, dat hy jou kan verlos in al jou stede, en jou regters van wie jy gesê het: Gee my ‘n koning en vorste?

11. Ek gee jou ‘n koning in my toorn, en Ek neem hom weg in my grimmigheid.

12. Saamgebind is die ongeregtigheid van Efraim, weggebêre is sy sonde.

13. Barensweë sal hom oorval, hy is ‘n onverstandige kind; want as die tyd daar is, stel hy hom nie in die kindergeboorte nie.

14. Uit die mag van die doderyk sal Ek hulle loskoop, Ek sal hulle verlos van die dood. Dood, waar is jou pestilensies? Doderyk, waar is jou verderf? Berou bly vir my oë verborge.

15. Wanneer hy vrug dra onder die broers, kom ‘n oostewind, ‘n wind van die HERE, wat uit die woestyn opkom; dan droog sy fontein op en sy bron dor uit. Dié sal ‘n skat van allerhande kosbare voorwerpe roof.

16. (14:1) Samaría sal daarvoor boet, omdat hy weerspannig was teen sy God; hulle sal val deur die swaard, hulle kinders sal verpletter en hulle swanger vroue oopgesny word.

About Hosea Chapter 13

Read Hosea Chapter 13 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Hosea in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Hosea
Chapter: 13
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Hosea. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Hosea Chapter 13 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Hosea Chapter 13?

Hosea Chapter 13 is part of the Book of Hosea in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Hosea Chapter 13 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Hosea

  1. Hoşea Chapter 14
  2. Hoşea Chapter 12
  3. Hoşea Chapter 8
  4. Hoşea Chapter 1
  5. Hoşea Chapter 10
  6. Hoşea Chapter 6
  7. Hoşea Chapter 9

Explore More from Ou Testament

  1. Job Chapter 8
  2. Psalms Chapter 122
  3. Psalms Chapter 91
  4. Habakuk Chapter 1
  5. 1 Konings Chapter 7
  6. Psalms Chapter 53
  7. 1 Kronieke Chapter 16

Related Chapters & Readings

  1. 1 Korintiërs Chapter 6
  2. 2 Kronieke Chapter 6
  3. Lukas Chapter 21
  4. Jeremia Chapter 38
  5. Romeine Chapter 5
  6. Hosea Chapter 8
  7. Jesaja Chapter 60
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *