Joël Chapter 1

For English

Read Joël Chapter 1 Online

Read Joël Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Joël in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Joël and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Joël 1

Hoofstuk 1

1. Die woord van die HERE wat tot Joël, die seun van Pétuel, gekom het.

2. Hoor dit, o oudstes, en luister, alle inwoners van die land! Het so iets ooit in julle dae of in die dae van julle vaders plaasgevind?

3. Vertel daarvan aan julle kinders, en julle kinders aan hulle kinders, en húlle kinders aan die volgende geslag:

4. Wat die afknyper laat oorbly het, het die treksprinkaan verslind; en wat die treksprinkaan laat oorbly het, het die voetganger verslind; en wat die voetganger laat oorbly het, het die kaalvreter verslind.

5. Word wakker, julle dronkaards, en ween! En huil, al julle wyndrinkers! Oor die mos, omdat dit van julle mond weggeruk is.

6. Want ‘n sterk en ontelbare nasie het opgetrek oor my land; sy tande is leeutande, en dit kan byt soos ‘n leeuin.

7. Dit het my wingerdstok verwoes en my vyeboom versplinter; dit het ál sy bas afgeskil en weggegooi; die lote daarvan het wit geword.

8. Weeklaag soos ‘n jonkvrou wat oor die bruidegom van haar jeug met ‘n roukleed omgord is.

9. Spysoffer en drankoffer is ontruk aan die huis van die HERE; die priesters, die dienaars van die HERE, treur.

10. Die veld is verwoes, die akkerland treur; want die koring is verwoes, die mos het weggedroog, die olie het verdwyn.

11. Die landbouers staan beskaamd, die wynboere weeklaag oor die koring en oor die gars, omdat die oes op die land verlore is.

12. Die wingerdstok het verdor, en die vyeboom het verwelk; die granaat, ook die palm en die appelboom, al die bome van die land het verdor; want beskaamd is die vreugde, weg van die mensekinders af.

13. Omgord julle en klaag, o priesters! Huil, dienaars van die altaar! Kom, vernag in rouklere, dienaars van my God! Want die spysoffer en die drankoffer is geweer van die huis van julle God.

14. Heilig ‘n vasdag, roep ‘n vergadering saam! Versamel die oudstes, alle inwoners van die land in die huis van die HERE julle God, en roep tot die HERE.

15. Ag, die dag! Want naby is die dag van die HERE, en hy kom soos ‘n verwoesting van die Almagtige.

16. Is die spys nie weggeruk voor ons oë nie, blydskap en gejuig weg uit die huis van onse God?

17. Die graankorrels het weggekrimp onder hulle kluite, die voorraadkamers is verwoes, die graanbakke afgebreek, want die koring het verdor.

18. Hoe sug die vee! Die troppe beeste is onrustig, want daar is geen weiveld vir hulle nie; ook die troppe kleinvee moet boet.

19. Tot U, o HERE, roep ek, want ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer, en ‘n vlam het al die bome van die veld aan die brand gesteek.

20. Selfs die diere van die veld smag na U; want die waterstrome het opgedroog, en ‘n vuur het die weivelde van die woestyn verteer.

About Joël Chapter 1

Read Joël Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Joël in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Joël
Chapter: 1
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Joël. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Joël Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Joël Chapter 1?

Joël Chapter 1 is part of the Book of Joël in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Joël Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Joel

  1. Joel Chapter 1
  2. Joel Chapter 1
  3. Joel Chapter 3
  4. Joel Chapter 2
  5. Joel Chapter 2
  6. Joel Chapter 3
  7. Joel Chapter 1

Explore More from Ou Testament

  1. Jeremia Chapter 28
  2. Esra Chapter 4
  3. Deuteronomium Chapter 1
  4. Josua Chapter 19
  5. Spreuke Chapter 28
  6. Psalms Chapter 143
  7. Levitikus Chapter 8

Related Chapters & Readings

  1. Numeri Chapter 24
  2. Psalms Chapter 8
  3. Job Chapter 25
  4. Klaagliedere Chapter 1
  5. Jesaja Chapter 51
  6. Esegiël Chapter 24
  7. 2 Petrus Chapter 1
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *