Read 2 Kronieke Chapter 8 Online
Read 2 Kronieke Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Kronieke and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Kronieke 8
Hoofstuk 8
1. En aan die einde van twintig jaar waarin Salomo die huis van die HERE en sy huis gebou het,
2. het Salomo die stede opgebou wat Huram aan Salomo gegee het, en die kinders van Israel daar laat woon.
3. Daarna het Salomo na Hamat-Soba getrek en dit oorweldig.
4. En hy het Tadmor in die woestyn opgebou, en al die voorraadstede wat hy in Hamat gebou het.
5. Verder het hy Bet-Horon-Bo en Bet-Horon-Onder as vestingstede opgebou met mure, poorte en grendels.
6. Ook Báälat en al die voorraadstede wat Salomo gehad het, en al die stede vir die strydwaens en die stede vir die perderuiters en alles wat Salomo graag wou gebou het in Jerusalem en in die Líbanon en in die hele land van sy heerskappy.
7. Al die mense wat oorgebly het van die Hetiete en Amoriete en Feresiete en Hewiete en Jebusiete, wat nie uit Israel was nie—
8. van hulle kinders wat ná hulle oorgebly het in die land, wat die kinders van Israel nie uitgeroei het nie, dié het Salomo laat opkom vir dwangarbeid, tot vandag toe.
9. Maar van die kinders van Israel het Salomo geen slawe gemaak vir sy diens nie, maar hulle was krygsmanne en owerstes van sy beste vegsmanne en owerstes van sy strydwaens en sy perderuiters.
10. En dit was die hoofopsigters van koning Salomo, twee honderd en vyftig wat oor die mense bevel gevoer het.
11. En Salomo het die dogter van Farao uit die stad van Dawid gebring na die huis wat hy vir haar gebou het; want hy het gesê: Geen vrou van my mag woon in die huis van Dawid, die koning van Israel, nie; want dit is heilig, omdat die ark van die HERE daarin gekom het.
12. Toe het Salomo brandoffers aan die HERE gebring op die altaar van die HERE wat hy voor die voorportaal gebou het.
13. Daarop moes hulle na die eis van elke dag offer volgens die gebod van Moses, op die sabbatte en op die nuwemane en op die feestye, drie maal in die jaar—op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees.
14. Ook het hy volgens die voorskrif van sy vader Dawid vir die afdelings van die priesters hulle dienswerk vasgestel; en vir die Leviete hulle ampspligte, om God te prys en te dien voor die priesters na die eis van elke dag; en vir die poortwagters volgens hulle afdelings vir elke poort; want so was die gebod van Dawid, die man van God.
15. En hulle het in geen enkele opsig afgewyk van die gebod van die koning oor die priesters en die Leviete en ten opsigte van die skatkamers nie.
16. So het dan al die werk van Salomo tot stand gekom van die dag af dat die huis van die HERE gegrondves is tot sy voltooiing toe: die huis van die HERE was voltooi.
17. Toe het Salomo na Éseon-Geber getrek en na Elot, aan die seekus in die land Edom.
18. En Huram het aan hom deur sy dienaars skepe gestuur en dienaars wat die see ken; en hulle het saam met Salomo se dienaars in Ofir aangekom, en daarvandaan vier honderd en vyftig talente goud gaan haal en na koning Salomo gebring.
About 2 Kronieke Chapter 8
Read 2 Kronieke Chapter 8 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Kronieke in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Kronieke
Chapter: 8
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Kronieke. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Kronieke Chapter 8 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Kronieke Chapter 8?
2 Kronieke Chapter 8 is part of the Book of 2 Kronieke in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Kronieke Chapter 8 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2 Kronieke
- 2 Kronieke Chapter 23
- 2 Kronieke Chapter 36
- 2 Kronieke Chapter 33
- 2 Kronieke Chapter 32
- 2 Kronieke Chapter 7
- 2 Kronieke Chapter 1
- 2 Kronieke Chapter 26
Explore More from Ou Testament
- Jesaja Chapter 15
- Psalms Chapter 70
- Genesis Chapter 2
- Jesaja Chapter 20
- Esegiël Chapter 18
- Psalms Chapter 40
- 1 Konings Chapter 1