Read 2 Konings Chapter 21 Online
Read 2 Konings Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Konings in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of 2 Konings and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
2 Konings 21
Hoofstuk 21
1. Manasse was twaalf jaar oud toe hy koning geword het, en hy het vyf en vyftig jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Hefsíba.
2. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, volgens die gruwels van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdrywe het.
3. En hy het die hoogtes weer gebou wat sy vader Hiskía verniel het, en altare opgerig vir Baäl en ‘n heilige boomstam gemaak, soos Agab, die koning van Israel, gemaak het, en hom gebuig voor die hele leër van die hemel en hulle gedien;
4. ook het hy altare gebou in die huis van die HERE, waarvan die HERE gesê het: In Jerusalem sal Ek my Naam vestig.
5. En hy het altare gebou vir die hele leër van die hemel in altwee die voorhowe van die huis van die HERE;
6. ook sy seun deur die vuur laat deurgaan en met goëlery en verklarings van voortekens omgegaan en dodebesweerders en waarsêers aangestel; hy het baie gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE om Hom te terg.
7. Hy het ook ‘n gesnede beeld van Asjéra wat deur hom gemaak is, in die tempel gesit, waarvan die HERE vir Dawid en sy seun Salomo gesê het: In hierdie huis en in Jerusalem wat Ek verkies het uit al die stamme van Israel, sal Ek vir ewig my Naam vestig.
8. En Ek sal die voet van Israel nie meer laat rondswerwe uit die land wat Ek aan hulle vaders gegee het nie, as hulle net sorgvuldig handel volgens alles wat Ek hulle beveel het, en volgens die hele wet wat my kneg Moses hulle beveel het.
9. Maar hulle het nie geluister nie; en Manasse het hulle verlei om meer kwaad te doen as die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdelg het.
10. Toe het die HERE deur die diens van sy knegte, die profete, gespreek en gesê:
11. Omdat Manasse, die koning van Juda, hierdie gruwels gedoen het—erger as alles wat die Amoriete gedoen het wat voor hom was, en selfs Juda laat sondig het deur sy drekgode—
12. daarom, so sê die HERE, die God van Israel: Kyk, Ek sal ‘n onheil oor Jerusalem en Juda bring, waarvan elkeen wat dit hoor, se twee ore sal tuit.
13. En Ek sal oor Jerusalem die meetsnoer van Samaría span en die skietlood van die huis van Agab, en Jerusalem wegvee soos ‘n mens ‘n skottel uitvee: hy vee dit uit en keer dit onderstebo.
14. En Ek sal die oorblyfsels van my erfdeel verwerp en hulle in die hand van hul vyande oorgee, sodat hulle vir al hul vyande ‘n buit en ‘n plundering sal word;
15. omdat hulle gedoen het wat verkeerd was in my oë, en My gedurig geterg het van die dag af dat hulle vaders uit Egipte uitgetrek het, tot vandag toe.
16. En Manasse het ook vreeslik baie onskuldige bloed vergiet totdat hy Jerusalem van end tot end daarmee gevul het, behalwe sy sonde waarmee hy Juda laat sondig het om te doen wat verkeerd was in die oë van die HERE.
17. En die verdere geskiedenis van Manasse en alles wat hy gedoen het, en sy sonde wat hy begaan het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
18. En Manasse het ontslaap met sy vaders en is begrawe in die tuin van sy huis, in die tuin van Ussa; en sy seun Amon het in sy plek koning geword.
19. Amon was twee en twintig jaar oud toe hy koning geword het, en hy het twee jaar in Jerusalem geregeer; en die naam van sy moeder was Mesullémet, ‘n dogter van Harus, uit Jotba.
20. En hy het gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE, soos sy vader Manasse gedoen het.
21. En hy het geheel en al gewandel in die weg wat sy vader bewandel het, en die drekgode gedien wat sy vader gedien het en hom voor hulle neergebuig.
22. En hy het die HERE, die God van sy vaders, verlaat en nie in die weg van die HERE gewandel nie.
23. En die dienaars van Amon het ‘n sameswering teen hom gesmee en die koning in sy huis omgebring.
24. Maar die volk van die land het al die samesweerders teen koning Amon doodgeslaan, en die volk van die land het sy seun Josía in sy plek koning gemaak.
25. En die verdere geskiedenis van Amon, wat hy gedoen het, is dit nie beskrywe in die Kroniekboek van die konings van Juda nie?
26. En hy is begrawe in sy graf, in die tuin van Ussa; en sy seun Josía het in sy plek koning geword.
About 2 Konings Chapter 21
Read 2 Konings Chapter 21 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of 2 Konings in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: 2 Konings
Chapter: 21
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading 2 Konings. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading 2 Konings Chapter 21 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is 2 Konings Chapter 21?
2 Konings Chapter 21 is part of the Book of 2 Konings in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete 2 Konings Chapter 21 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from 2-konings
- 2 Konings Chapter 10
- 2 Konings Chapter 15
- 2 Konings Chapter 22
- 2 Konings Chapter 14
- 2 Konings Chapter 19
- 2 Konings Chapter 18
- 2 Konings Chapter 12
Explore More from Ou Testament
- Deuteronomium Chapter 25
- Hosea Chapter 4
- 1 Kronieke Chapter 13
- Jeremia Chapter 50
- Hooglied Chapter 3
- Psalms Chapter 98
- 2 Kronieke Chapter 4