Numeri Chapter 24

For English

Read Numeri Chapter 24 Online

Read Numeri Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Numeri and the Holy Bible online.

Choose a Chapter

Numeri 24

Hoofstuk 24

1. Toe Bíleam sien dat dit goed was in die oë van die HERE om Israel te seën, het hy hom nie soos die vorige kere tot towery gewend nie, maar sy gesig na die woestyn gedraai.

2. Toe Bíleam sy oë opslaan en Israel sien soos hy volgens sy stamme in die laer staan, het die Gees van God op hom gekom.

3. En hy het sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.

4. Die hoorder van die woorde van God spreek, hy wat die gesigte van die Almagtige sien, wat neerval en geopende oë het.

5. Hoe mooi is jou tente, o Jakob, jou wonings, o Israel!

6. Soos dale met waterlope wat hulle ver uitstrek, soos tuine by ‘n rivier, soos alewees wat die HERE geplant het, soos seders by die water.

7. Water vloei uit sy emmers, en sy saad is by baie waters. En laat sy koning hoër wees as Agag, en sy koninkryk hom verhef!

8. God wat hom uit Egipte uitgelei het, is vir hom soos die horings van ‘n buffel; hy sal nasies, sy vyande, verteer en hulle gebeente stukkend breek en met sy pyle verbrysel.

9. Hy buig hom, hy gaan lê soos ‘n leeu en soos ‘n leeuin: wie sal hom opjaag? Geseënd is hulle wat jou seën, en vervloek is hulle wat jou vervloek!

10. Toe het Balak baie kwaad geword vir Bíleam en sy hande saamgeslaan, en Balak het aan Bíleam gesê: Ek het jou laat roep om my vyande te vloek, en kyk, jy het nou al drie maal net geseën!

11. Trek dan nou gou na jou woonplek! Ek het gesê dat ek jou hoog sal vereer; maar kyk, die HERE het jou van verering teruggehou.

12. Toe het Bíleam vir Balak gesê: Het ek nie alreeds met jou boodskappers wat jy na my gestuur het, gespreek en gesê nie:

13. Al gee Balak my sy huis vol silwer en goud, ek kan die bevel van die HERE nie oortree om goed of kwaad uit my eie hart te doen nie; wat die HERE spreek, dit sal ek spreek.

14. En nou, kyk, ek gaan na my volk toe. Kom, ek sal jou inligting gee, wat hierdie volk jou volk sal aandoen aan die einde van die dae.

15. Toe het hy sy spreuk aangehef en gesê: Bíleam, die seun van Beor, spreek, en die man met geopende oog spreek.

16. Die hoorder van die woorde van God spreek, en hy wat die wetenskap van die Allerhoogste ken, wat die gesigte van die Almagtige sien wat neerval en geopende oë het.

17. Ek sien hom, maar nie nou nie, ek aanskou hom, maar nie naby nie: ‘n ster kom te voorskyn uit Jakob, en ‘n septer kom uit Israel op, en hy verbrysel die slape van die hoof van Moab en werp al die oorlogsugtiges omver.

18. Ook sal Edom ‘n besitting wees; en Seïr, sy vyande, sal ‘n besitting wees, maar Israel neem toe in krag.

19. En laat daar een uit Jakob heers en die vrygeraaktes uit die stede vernietig.

20. Toe hy Amalek sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Amalek is die eersteling van die heidene, maar sy einde is ondergang.

21. Toe hy die Keniete sien, het hy sy spreuk aangehef en gesê: Jou woonplek is vas, en jou nes is gebou op die rots.

22. Ewenwel sal Kain tot verwoesting wees. Hoe lank nog? Assur sal jou as gevangene wegvoer.

23. Verder het hy sy spreuk aangehef en gesê: Wee, wie sal lewe as God dít beskik?

24. En skepe kom van die kant van die Kittiërs af, en hulle verneder Assur en hulle verneder Heber; en hy is ook tot ondergang bestem.

25. Toe het Bíleam hom klaargemaak en weggetrek en na sy woonplek teruggekeer. En Balak het ook sy koers gegaan.

About Numeri Chapter 24

Read Numeri Chapter 24 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Numeri in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.

Book Information

Book: Numeri
Chapter: 24
Testament: Old Testament

How to Read this Chapter

Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Numeri. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.

https://www.youtube.com/watch?v=rzsT_Q3KLzE

More Resources

Continue Reading the Bible

Continue reading Numeri Chapter 24 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.

Frequently Asked Questions

What is Numeri Chapter 24?

Numeri Chapter 24 is part of the Book of Numeri in the Holy Bible.

Can I read this chapter online?

Yes. You can read the complete Numeri Chapter 24 online for free with easy chapter navigation.

More Chapters from Numeri

  1. Numeri Chapter 1
  2. Numeri Chapter 11
  3. Numeri Chapter 5
  4. Numeri Chapter 8
  5. Numeri Chapter 3
  6. Numeri Chapter 9
  7. Numeri Chapter 10

Explore More from Ou Testament

  1. Job Chapter 12
  2. Eksodus Chapter 35
  3. Psalms Chapter 129
  4. Deuteronomium Chapter 8
  5. Psalms Chapter 101
  6. Genesis Chapter 47
  7. Miga Chapter 3

Related Chapters & Readings

  1. Esra Chapter 4
  2. 2 Konings Chapter 11
  3. Psalms Chapter 110
  4. Jesaja Chapter 11
  5. 1 Korintiërs Chapter 7
  6. Galasiërs Chapter 1
  7. 2 Petrus Chapter 3
Share Your Love

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *