Read Lukas Chapter 17 Online
Read Lukas Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Lukas in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Lukas and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Lukas 17
Hoofstuk 17
1. En Hy het vir sy dissipels gesê: Dit is onvermydelik dat die struikelblokke kom, maar wee hom deur wie hulle kom.
2. Dit is beter vir hom as ‘n meulsteen aan sy nek gehang en hy in die see gegooi word, as dat hy een van hierdie kleintjies sou laat struikel.
3. Pas op vir julleself. En as jou broeder teen jou sondig, bestraf hom; en as hy berou kry, vergewe hom.
4. En as hy sewe maal op ‘n dag teen jou sondig en sewe maal op ‘n dag na jou terugkom en sê: Ek het berou—moet jy hom vergewe.
5. Toe het die apostels aan die Here gesê: Gee ons meer geloof.
6. En die Here sê: As julle geloof gehad het soos ‘n mosterdsaad, sou julle vir hierdie moerbeiboom sê: Word ontwortel en in die see geplant—en hy sou julle gehoorsaam wees.
7. En wie is daar van julle wat ‘n dienskneg het wat ploeg of vee oppas, en as hy inkom van die veld vir hom sal sê: Kom dadelik hier aan tafel?
8. Sal hy nie eerder vir hom sê nie: Maak vir my die aandete klaar en omgord jou en bedien my totdat ek geëet en gedrink het; en daarna kan jy eet en drink?
9. Bedank hy daardie dienskneg, omdat hy gedoen het wat hom beveel is? Ek glo nie.
10. So ook julle, wanneer julle alles gedoen het wat julle beveel is, sê dan: Ons is onverdienstelike diensknegte, want ons het gedoen wat ons verplig was om te doen.
11. En op sy reis na Jerusalem het Hy deur Samaría en Galiléa gegaan.
12. En toe Hy in ‘n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op ‘n afstand bly staan het.
13. En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!
14. En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein geword.
15. En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met ‘n groot stem verheerlik.
16. En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was ‘n Samaritaan.
17. Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?
18. Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?
19. En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.
20. En toe Hy deur die Fariseërs gevra is wanneer die koninkryk van God sal kom, het Hy hulle geantwoord en gesê: Die koninkryk van God kom nie met sigbare tekens nie.
21. En hulle sal nie sê: Kyk hier! of: Kyk daar! nie; want die koninkryk van God is binne-in julle.
22. En Hy sê vir sy dissipels: Daar sal dae kom wanneer julle sal begeer om een van die dae van die Seun van die mens te sien, en julle sal dit nie sien nie.
23. En hulle sal vir julle sê: Kyk hier! of: Kyk daar! Moenie gaan nie en moenie agterna loop nie.
24. Want soos die weerlig wat van die een kant onder die hemel blits en tot by die ander kant onder die hemel skyn, so sal die Seun van die mens ook in sy dag wees.
25. Maar eers moet Hy baie ly en deur hierdie geslag verwerp word.
26. En soos dit gebeur het in die dae van Noag, so sal dit ook wees in die dae van die Seun van die mens:
27. hulle het geëet en gedrink, hulle het getrou en is in die huwelik gegee tot op die dag dat Noag in die ark ingegaan het, en die sondvloed gekom en almal vernietig het.
28. Net soos dit ook gebeur het in die dae van Lot: hulle het geëet en gedrink, gekoop en verkoop, hulle het geplant en gebou.
29. Maar op die dag toe Lot van Sodom uitgaan, het vuur en swawel van die hemel af gereën en almal vernietig.
30. Net so sal dit wees in die dag wanneer die Seun van die mens geopenbaar word.
31. In daardie dag moet hy wat op die dak sal wees, terwyl sy huisraad in die huis is, nie afkom om dit weg te neem nie; en so ook moet hy wat op die land sal wees, nie omdraai na wat agter is nie.
32. Dink aan die vrou van Lot!
33. Elkeen wat probeer om sy lewe te red, sal dit verloor; en elkeen wat dit verloor, sal dit behou.
34. Ek sê vir julle: In daardie nag sal daar twee op een bed wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
35. Twee vroue sal saam maal; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
36. Twee sal op die land wees; die een sal aangeneem en die ander verlaat word.
37. En hulle antwoord en sê vir Hom: Waar, Here? En Hy sê vir hulle: Waar die liggaam lê, daar sal die aasvoëls saamkom.
About Lukas Chapter 17
Read Lukas Chapter 17 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Lukas in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Lukas
Chapter: 17
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Lukas. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Lukas Chapter 17 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Lukas Chapter 17?
Lukas Chapter 17 is part of the Book of Lukas in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Lukas Chapter 17 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Lukas
- Lukas Chapter 11
- Lukas Chapter 22
- Lukas Chapter 3
- Lukas Chapter 18
- Lukas Chapter 15
- Lukas Chapter 14
- Lukas Chapter 8
Explore More from Nuwe Testament
- Openbaring Chapter 7
- Efesiërs Chapter 1
- Openbaring Chapter 18
- 1 Korintiërs Chapter 16
- Hebreërs Chapter 11
- 2 Johannes Chapter 1
- Hebreërs Chapter 2