Read Eksodus Chapter 31 Online
Read Eksodus Chapter 31 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Eksodus and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Eksodus 31
Hoofstuk 31
1. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
2. Kyk, Ek het Besáleël die seun van Uri, die seun van Hur, van die stam van Juda, by sy naam geroep;
3. en Ek het hom vervul met die Gees van God, met wysheid en verstand en kennis en bekwaamheid vir allerhande werk,
4. om kunstige planne uit te dink, om dit uit te voer in goud en silwer en koper,
5. en deur snywerk in stene wat ingelê moet word, en deur houtsnywerk; om werksaam te wees in allerhande werk.
6. En kyk, Ek het hom Ohóliab bygegee, die seun van Ahísamag, van die stam van Dan. En in die hart van elkeen wat kunsvaardig is, het Ek wysheid gegee, dat hulle alles wat ek jou beveel het, kan maak:
7. die tent van samekoms en die ark van die Getuienis en die versoendeksel wat daarop moet wees, en alles wat behoort by die tent,
8. en die tafel met sy gereedskap en die suiwer kandelaar met al sy gereedskap en die reukaltaar;
9. ook die brandofferaltaar met al sy gereedskap en die waskom met sy voetstuk
10. en die kunstige klere en die heilige klere van die priester Aäron en die klere van sy seuns, om die priesteramp te bedien;
11. ook die salfolie en die reukwerk van speserye vir die heiligdom—net soos Ek jou beveel het, moet hulle dit maak.
12. Verder het die HERE met Moses gespreek en gesê:
13. Spreek jy met die kinders van Israel en sê: Julle moet sekerlik my sabbatte onderhou, want dit is ‘n teken tussen My en julle in julle geslagte, sodat die mense kan weet dat Ek die HERE is wat julle heilig.
14. Onderhou dan die sabbat, want dit moet vir julle heilig wees. Hy wat dit ontheilig, moet sekerlik gedood word; want elkeen wat daarop werk verrig, dié siel moet uitgeroei word onder sy volksgenote uit.
15. Ses dae lank kan werk verrig word, maar op die sewende dag moet dit wees ‘n dag van volkome rus, heilig aan die HERE. Elkeen wat op die sabbatdag werk doen, moet sekerlik gedood word.
16. En die kinders van Israel moet die sabbat onderhou deur die sabbat te vier in hulle geslagte as ‘n ewige verbond.
17. Tussen My en die kinders van Israel is dit vir ewig ‘n teken; want in ses dae het die HERE die hemel en die aarde gemaak, maar op die sewende dag het Hy gerus en Hom verkwik.
18. En Hy het aan Moses, toe Hy geëindig het om met hom te spreek op die berg Sinai, die twee tafels van die Getuienis gegee, tafels van klip, beskrywe met die vinger van God.
About Eksodus Chapter 31
Read Eksodus Chapter 31 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Eksodus in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Eksodus
Chapter: 31
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Eksodus. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Eksodus Chapter 31 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Eksodus Chapter 31?
Eksodus Chapter 31 is part of the Book of Eksodus in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Eksodus Chapter 31 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from Eksodus
- Eksodus Chapter 4
- Eksodus Chapter 13
- Eksodus Chapter 10
- Eksodus Chapter 1
- Eksodus Chapter 27
- Eksodus Chapter 14
- Eksodus Chapter 12
Explore More from Ou Testament
- 1 Kronieke Chapter 17
- Amos Chapter 6
- Jeremia Chapter 36
- Genesis Chapter 4
- Eksodus Chapter 16
- Josua Chapter 23
- Joël Chapter 1