Read Esra Chapter 1 Online
Read Esra Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esra in the Old Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Esra and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Esra 1
Hoofstuk 1
1. En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE—sodat die woord van die HERE uit die mond van Jeremía vervul sou word—die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy ‘n oproep deur sy hele koninkryk laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:
2. So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom ‘n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.
3. Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort—mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is, en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.
4. En enigeen wat oorgebly het, in enige plek waar hy as vreemdeling vertoef—hom moet die manne van sy woonplek ondersteun met silwer en goud en met goed en vee, en met die vrywillige gawes vir die huis van die God wat in Jerusalem is.
5. Toe het die familiehoofde van Juda en Benjamin klaargemaak, en die priesters en die Leviete—elkeen wie se gees God opgewek het om op te trek, om die huis van die HERE wat in Jerusalem is, te bou.
6. En almal wat rondom hulle was, het hul hande versterk met silwervoorwerpe, met goud, met goed en vee en kosbare geskenke, behalwe alles wat hulle as vrywillige gawe aangebring het.
7. En koning Kores het die voorwerpe van die huis van die HERE uitgelewer wat Nebukadnésar uit Jerusalem weggevoer en in die huis van sy god gesit het.
8. En Kores, die koning van Persië, het dit uitgelewer onder toesig van Mítredat, die skatmeester; en dié het dit aan Sésbassar, die vors van Juda, voorgetel.
9. En dit was hulle getal: dertig goue komme, duisend silwerkomme, nege en twintig messe;
10. dertig goue bekers; verder vier honderd en tien silwerbekers, duisend ander voorwerpe.
11. Al die voorwerpe van goud en silwer was: vyf duisend vier honderd; dit alles het Sésbassar saamgebring toe die ballinge uit Babel na Jerusalem opgetrek het.
About Esra Chapter 1
Read Esra Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Esra in the Old Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Esra
Chapter: 1
Testament: Old Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Esra. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Esra Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Esra Chapter 1?
Esra Chapter 1 is part of the Book of Esra in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Esra Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from esra
Explore More from Ou Testament
- 2 Kronieke Chapter 13
- Spreuke Chapter 13
- 2 Samuel Chapter 8
- Spreuke Chapter 21
- Psalms Chapter 35
- Josua Chapter 14
- 2 Kronieke Chapter 23