Read Filemon Chapter 1 Online
Read Filemon Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Filemon in the New Testament. Browse every verse with easy chapter navigation, continue to the next chapter, or explore the complete Book of Filemon and the Holy Bible online.
Choose a Chapter
Filemon 1
Hoofstuk 1
1. Paulus, ‘n gevangene van Christus Jesus, en die broeder Timótheüs, aan Filémon, die geliefde en ons medearbeider,
2. en aan Appia, die geliefde suster, en aan Archíppus, ons medestryder, en aan die gemeente wat in jou huis is:
3. Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!
4. Ek dank my God altyd wanneer ek aan jou in my gebede dink,
5. omdat ek van jou liefde en geloof hoor, wat jy met betrekking tot die Here Jesus en al die heiliges het,
6. dat die gemeenskap van jou geloof kragtig mag word deur die kennis van alles wat goed in julle is, tot eer van Christus Jesus.
7. Want ons het groot blydskap en troos oor jou liefde, omdat deur jou, broeder, die harte van die heiliges verkwik is.
8. Daarom, al het ek baie vrymoedigheid in Christus om jou te beveel wat betaamlik is,
9. pleit ek liewer ter wille van die liefde. Ek, Paulus, as ‘n ou man en nou ook ‘n gevangene van Jesus Christus,
10. pleit by jou vir my kind, Onésimus, wat ek verwek het in my boeie,
11. wat vroeër vir jou nutteloos was, maar nou baie nuttig vir jou en vir my. Ek stuur hom terug;
12. maar neem jy hom, dit is my eie hart, aan.
13. Ek wou hom by my hou, sodat hy my in die boeie van die evangelie in jou plek kan dien.
14. Maar sonder jou goedkeuring wou ek niks doen nie, sodat jou goedheid nie uit dwang sou wees nie, maar uit vrye keuse.
15. Want miskien is hy om hierdie rede ‘n tydjie van jou geskei, dat jy hom vir altyd kan besit,
16. nie meer as ‘n slaaf nie, maar méér as ‘n slaaf, as ‘n geliefde broeder in die vlees sowel as in die Here, veral vir my, hoeveel te meer vir jou.
17. As jy my dan vir ‘n metgesel hou, neem hom aan net soos vir my.
18. En as hy jou benadeel het of iets skuld, sit dit op my rekening—
19. ek, Paulus, het dit met my eie hand geskrywe: ek sal betaal—om nie te sê jou rekening nie, want jy is daarby jou eie persoon ook aan my verskuldig.
20. Ja, broeder, mag ek tog van jou voordeel trek in die Here! Verkwik my hart in die Here.
21. In vertroue op jou gehoorsaamheid het ek aan jou geskrywe, omdat ek weet dat jy nog meer sal doen as wat ek sê.
22. En berei tegelykertyd ook herberg vir my, want ek hoop dat ek op julle gebede aan julle sal geskenk word.
23. Épafras, my medegevangene in Christus Jesus, groet jou;
24. ook Markus, Aristárchus, Demas en Lukas, my mede-arbeiders.
25. Die genade van onse Here Jesus Christus sy met julle gees! Amen.
About Filemon Chapter 1
Read Filemon Chapter 1 online from the Holy Bible. This chapter is part of the Book of Filemon in the New Testament. Continue reading with the chapter navigation above or explore the complete book.
Book Information
Book: Filemon
Chapter: 1
Testament: New Testament
How to Read this Chapter
Use the Previous and Next Chapter buttons to continue reading Filemon. You can also adjust the font size for comfortable reading and browse other books of the Bible using the navigation links.
More Resources
Continue Reading the Bible
Continue reading Filemon Chapter 1 and explore every book, chapter and verse of the Holy Bible. Use the navigation links above and below to move through the Scriptures with ease.
Frequently Asked Questions
What is Filemon Chapter 1?
Filemon Chapter 1 is part of the Book of Filemon in the Holy Bible.
Can I read this chapter online?
Yes. You can read the complete Filemon Chapter 1 online for free with easy chapter navigation.
More Chapters from filemon
- Filemon Chapter 1
- Filemon Chapter 1
- Filemon Chapter 1
- Filemon Chapter 1
- Filemon Chapter 1
- Filémon Chapter 1
- Filemon Chapter 1
Explore More from Nuwe Testament
- Openbaring Chapter 16
- Openbaring Chapter 18
- Romeine Chapter 13
- Matteus Chapter 2
- Romeine Chapter 15
- Handelinge Chapter 25
- Matteus Chapter 5